Bekende Namib-olifant doodgeskiet

olifantbul nbcnews

Argieffoto ter illustrasie.

Die uitroei van een van Namibië se bekendste woestynolifante het ʼn herrie ontketen toe ʼn trofeejagter dié majestueuse dier vir N$120 000 (R120 000) doodgeskiet het.

Reuters berig die 50-jarige olifantbul, bekend as Voortrekker, is verlede week in die Omatjete-gebied, sowat 230 km van Swakopmund af, van kant gemaak in opdrag van die Namibiese regering wat die grootpoot as ʼn “probleemdier” bestempel het.

Volgens Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van omgewing en toerisme, het die regering geen ander keuse gehad as om Voortrekker van kant te maak nie aangesien hy gereeld amok in die gebied gemaak het, berig AllAfrica.

Die besluit is glo geneem uit vrees dat ontstoke boere nie net Voortrekker nie, maar ook ander olifante in die gebied voor die voet sou begin skiet aangesien dié olifantbul gereeld eiendomme in die gebied beskadig het.

Voortrekker was deel van die trop Ugab-woestynaangepast olifante.

“Dit was beter vir ons om dit só te doen as om dit bloot te ignoreer en toe te laat dat die gemeenskap die gereg in eie hande neem en al die olifante uitroei,” het Muyunda verduidelik, berig The Namibian.

Bewaringsorganisasies naby die Ohungu-bewaringsgebied waar Voortrekker geskiet is, was egter nie ten gunste van die regering se besluit nie. “Ons verstaan ​​dat klagtes ontvang is vanaf gemeenskappe wat in die Omatjete-gebied woon. Die trop Ugab-woestynaangepaste olifante kom egter nie in daardie gemeenskappe nie,” het die bewaringsgroep Ugab Concerned Conservancies gesê.

“Hierdie olifante is ons hulpbronne en ons maak beswaar daarteen dat hulle gejag word vir probleme wat deur ander troppe veroorsaak word,” het die groep gesê.

Plaaslike media het na Voortrekker as ʼn “ikoon” verwys en gesê dat toeriste baie geld betaal het om hom en ander van sy soort te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vleisman

Die mens sal alles nog uitwis en vernietig totdat daar net mooi niks van die wêreld oor is nie.

Kootjie

Ja! En soo sal hulle alles en almal vankant maak…… totdat daar ‘n iets oor is nie!! Respek vir niks!!!

Maria

My hart breek sak met skaamte. Here vir ons diere gegee om op te pas dit ons verantwoordelikheid nie uitroei nie. Diere was meeste are of gebiede reeds daar voordat ons as mense daar kom bly dit hulle volle reg om hulle eie gebiede beskerm dit mooi wereld . Waar onsmense alles wil vernietig uit selfsug . Vergewe dit waarheid

Ekke

Absoluut siek !!! het geen respek vir lewe nie…. hetsy mens of dier. Wonder waarvoor die geld aangewend gaan word ????

Elsabie

Die enigste “probleem dier” wat daar is, is die mensdom!!!!!!!!!