Bekende olifantbewaarder Daphne Sheldrick oorlede

Daphne Sheldrick (Foto: The David Sheldrick Wildlife Trust)

ʼn Natuurbewaringsorganisasie in Kenia het gesê die bekende bewaarder Daphne Sheldrick is in die ouderdom van 83 oorlede.

Die David Sheldrick Wildlife Trust het in ʼn verklaring gesê sy het Donderdagaand heengegaan ná ʼn lang stryd met borskanker.

Sheldrick het wêreldwyd erkenning gekry vir haar werk om meer as 200 olifantkalfie-wesies te red. “Meer as 100 olifantwesies bly nou in die natuur, met 29 kleintjies wat ook in die wild gebore is, waarvan ons weet.”

“Sy was ʼn ongelooflike voorbeeld vir ons almal en ek voel geseënd om haar my ma te kon noem,” het haar dogter Angela Sheldrick in ʼn verklaring gesê. “Haar nalatenskap kan nie gemeet word nie en die verskil wat sy vir bewaring in Kenia gemaak het, is ongeëwenaar.”

Daphne het saam met die olifante gewoon en geleer hoe om hul “harte te lees, net soos hulle ons sʼn lees”. Sy het hulle broosheid, intelligensie, kapasiteit om lief te hê, om te treur, om te genees, en om mekaar te ondersteun, verstaan, lui die verklaring. “Daphne was ʼn stem vir die olifante en het nooit die kollig nagestreef nie. Sy is slegs aangespoor deur haar oortuiging dat olifante en ander spesies ʼn reg tot ʼn vry en beskermde lewe moet kan geniet – net soos ons.”

Haar werk is in talle televisieprogramme uitgebeeld, insluitend die BBC se Elephant Diaries, 60 minutes – The Orphanage, For the Love of Elephants en The Elephant Who Found a Mom. Daar was ook flieklengte dokumentêre soos Gardeners of Eden en IMAX se Born to Be Wild. Sy het self vier boeke geskryf en ook haar eie biografie, Love, Life and Elephants – An African Love Story.

Sy laat twee dogters en vier kleinkinders agter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

M'Lady ·

Wat n onmeetlike verlies in natuurbewarings kringe. n Wonderlike en formidabele vrou. Rus in vrede.

Helene ·

M’Lady, pragtige woorde! Ek salueer hierdie wonderlike vrou! RIV!!

Eerste keer ·

Pam Golding en Daphne Sheldrick is hierdie afgelope week se hartseernuus. Ek salueer julle.

Andre ·

I salute a true heroine of conservation!

An icon for mankind to follow!

jean ·

Ek weet dat daar ‘n klomp olifante gaan wees om haar te verwelkom in die hemel vir wat sy hier op aarde vir hulle beteken het!

HPV ·

Wonerlike vrou, opbouer, heelmaker, gesondmaker, vredemaker, heldin, mens kan so baie positiewe dinge oor haar en ander soos sy sê. RIV.
So jammer dat daar nie 40000 mense in ‘n stadion bymekaar kom om jou te eer nie, Baie sal jou egter vir al die regte dinge onthou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.