Bekende rocker gee hom oor aan polisie

Marilyn Manson word daarvan beskuldig dat hy ʼn videograaf tydens een van sy konserte aangerand het (Foto: Marilyn Manson, Twitter)

Die omstrede Amerikaanse rock-sanger Marilyn Manson het homself verlede week aan die polisie in Los Angeles oorgegee. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is reeds in 2019 uitgereik nadat hy van aanranding aangekla is.

Luidens ʼn verklaring deur die hoof van die polisie in Gilford het die voorval glo in Augustus 2019 tydens een van Manson (52) se konserte in New Hampshire plaasgevind. Die beweerde slagoffer was ʼn videograaf wat die konsert afgeneem het, berig die Amerikaanse nuuskanaal WVTM 13.

Marilyn Manson verlede jaar op die Vanity Fair Oscar-partytjie in Beverly Hills. (Foto: Frazer Harrison/Getty Images/AFP)

Volgens die polisie is Manson, sy agente en regsverteenwoordigers al geruime tyd bewus van die lasbrief, maar het hulle geen poging aangewend om na New Hampshire terug te keer om daarvoor verantwoording te doen nie.

CBS News berig Manson het homself op 2 Julie oorgegee en is weer vrygelaat op voorwaarde dat hy alle hofverskynings bywoon en geen kontak met die beweerde slagoffer het nie. Hy sal na verwagting binnekort in die hof in Laconia verskyn. Indien hy skuldig bevind word, kan hy minder as ʼn jaar tronkstraf of ʼn boete van $2000, (ongeveer R28 000) opgelê word.

Manson is in die verlede deur verskeie van sy vriendinne van seksuele aanranding aangekla. Dié klag, het sy regspan bevestig, is egter nié van ʼn seksuele aard nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Klipkop ·

Sy lyk eerder soos die slagoffer wat gereeld deurloop onder haar man se vuiste.

JohanR ·

Rerig? As ek die berigte lees dan moet ek bieg dat ek altyd gedink het Marilyn Manson is ‘n MAN! In alle geval lelik verby!

Klipkop ·

Stem saam. Glad nie ‘n aansienlike vrou nie. Die grimering is net te oordadig by hierdie prikkelpoppie.

Basjan ·

“Sy” is ‘n man. En ‘n absolute briljante musikant.

Belinda ·

Wel hy het darm n goeie rol in Sons of Anarchy gespeel as tronkvoël. Nou kan hy dit in real life beleef…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.