Bekende sangeres se man sterf

Celine-Dion-man

Foto: Facebook/Celine Dion

Die sangeres, Celine Dion, se man, René Angélil (73), is gister na ʼn lang stryd teen kanker oorlede. René was saam sy gesin by hul huis in Las Vegas.

Angélil is op 16 Januarie 1942 in Montreal, Québec, gebore en was Celine Dion se bestuurder toe sy maar net 12 jaar oud was, tot en met 2014. Die paartjie is in 1994 getroud en het drie kinders saam.

Celine het verlede jaar in ʼn onderhoud aan USA Today gesê sy berei reeds voor vir haar man se dood. “Wanneer dit my gaan tref, gaan dit my tref. Maar my grootste werk is om vir my man te sê ons gaan oukei wees en dat ek na ons kinders sal kyk.”

Angelil was aanvanklik ʼn popsanger in die 60’s en het ook ʼn rockgroep, genaamd,  “Les Baronets” gehad, wat verskeie treffers in Kanada gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Inge ·

Ek kan dit nie glo nie, drie bekendes sterf almal in ‘n tydperk van ‘n maand aan kanker…wow.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.