Bekende sangeres sterf

Dolores O’Riordian. Foto: Facebook.

Dolores O’Riordan, die hoofsangeres van die rockgroep The Cranberries is onverwags in die ouderdom van 46 dood.

Dié Ierse musikant, oorspronklik van Limerick, het die groep in die 90’s tot internasionale sukses gelei met treffers soos “Linger” en “Zombie”.

BBC News berig ʼn verklaring van haar uitgewer lui dat sy in Londen was vir ʼn kort opnamesessie. “Geen verdere besonderhede is in dié stadium beskikbaar nie.”

Die gesin het privaatheid in dié tyd versoek.

Die Irish Times berig sy word oorleef deur haar eksman, Don Burton, en haar drie kinders, Taylor Baxter, Molly Leigh en Dakota Rain.

Die groep het in 2003 opgebreek en weer in 2009 herenig. Die groep het verlede jaar ʼn akoestiese album vrygestel met die titel Something Else. Hulle moes egter optredes in Europa en Noord-Amerika kanselleer weens O’Riordan se verswakkende gesondheid.

The Cranberries. Foto: Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

CE ·

RIP Dolores julle was een van die beste wat daar was ek onthou goeie tye met julle musiek

Vryheid ·

TERSA . As jy geen kommentaar het nie hoekom bly jy nie maar stil nie.

Egbert ·

Dis nou slegte nuus. Dreams is een van my gunsteling liedjies van alle tye :-(

Sven ·

Wat ‘n groot verlies. Pragtige mens met ‘n pragtige stem. RIV. Ek weet nie van watse ‘verswakkende gesondheid’ hier nou gesinspeel word nie – sy het rug probleme gehad oor die swaar kitaar waarmee sy ure lank gestaan het.

Jean ·

Heel moontlik kanker..R.I.V ..
Dankie vir die goeie the met jul musiek..

Thea ·

RIP Doloris jou stem gaan gemis word! Dankie vd mooi musiek wat jy gemaak het.
Sterkte aan almal wat naby haar was.

TASJA ·

ai dis nou hartseer…. shame julle dalk het Tersa net bedoel sy het geen woorde ( dit is so skokkend dat sy nie woorde het nie) daar is verseker amazing memories met hulle musiek gewees!

Griet ·

Die Cranberries se musiek was besonder mooi, en veral Delores se pragtige soet stem wat so vars was. RIP

Blondie ·

Ai did nou jammer. Sy was een van my gunsteling keuses met kariokie

Rikag ·

Altyd na hulle musiek geluister Dreams was my gunsteling R.I.P

Mike Kaapstad ·

Wie is dit…………….glad nie nuuswaardig oorsee fokus eerder op S.A………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.