Bekende sjokolade-man sterf op Valentynsdag

ferrero_rocherMichele Ferrero, die bekende sjokolademaker en eienaar van die Nutella-groep is Saterdag in die ouderdom van 89 oorlede.

Ferrero is daarvoor bekend dat hy die sjokolade-haselneut Nutella-smeer, Ferrero Rocher-pralines, Kinder-sjokolade-eiers en Tic Tac-lekkertjies geskep het.

Die maatskappy berig hy is op Valentynsdag in sy huis in Monaco oorlede na ʼn lang siekbed.

Ferrero was die rykste man in Italië. Volgens die Bloomberg-miljardêrlys was sy nettowaarde in Februarie £14.4 miljard. Forbes-tydskrif het hom as “die rykste lekkergoedman op die planeet” beskryf.

Michele Ferrero Foto: Di Marco/epa/Corbis

Michele Ferrero Foto: Di Marco/epa/Corbis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.