Bekentenis oor dwelmgebruik kan prins Harry se VSA-visum kniehalter

Prins Harry, die hertog van Sussex. (Foto: Daniel Leal/AFP)

Prins Harry sal binnekort in twee hofsake, een in die VSA en een in Engeland, gewikkel wees.

Toe prins Harry openhartig oor sy dwelmgebruik in sy jonger jare in sy memoires, Spare, vertel het, het hy waarskynlik nie gedink dat dié bekentenis sy VSA-visum in gedrang kan bring nie.

Dit is egter presies waaroor die hofsaak gaan wat vroeër vanjaar deur die Heritage Foundation in Amerika ingedien is.

Harry het die gebruik van dwelmmiddels soos dagga, kokaïne en sampioene breedvoerig in Spare bespreek, iets wat die Heritage Foundation laat wonder het oor hoe hy die dwelmverwante vrae tydens sy Visum-aansoek tot die VSA hanteer het. Daarom poog dié stigting om Harry se visum-aansoek en gepaardgaande dokumente openbaar te maak.

Volgens die VSA se grondwet, kan die gebruik van dwelms genoegsame rede wees om iemand se visum af te keur. Goedkeuring lê egter in die hande van die immigrasie-beampte wat Harry se saak hanteer het, meen Stacy Cozart Martin, ʼn Amerikaanse prokureur wat spesialiseer in immigrasie en ʼn dosent aan die Case Western Universiteit is.

Martin glo ook dat Harry se status as prins en bekende hom ʼn hupstoot in die proses kon gegee het.

“Bekendes kry waarskynlike bietjie meer speling as Jan Alleman.”

Harry en sy vrou, Meghan, het in 2020 teruggetree as senior koninklikes en daarmee saam na die VSA toe verhuis.

Prins Harry se boek, “Spare”. (Foto: Hans Lucas / AFP)

Die Heritage Foundation het in ʼn verklaring bekendgemaak dat hulle wonder oor die “bekende elites” en of die land se Departement van Binnelandse Veiligheid (DHS) “regverdig” opgetree het teenoor die egpaar.

DHS het egter in terugvoer oor die hofsaak gesê dat die vereniging nie genoegsame redes gegee het om die dokumente openbaar te maak nie. Die regering argumenteer ook dat daar nie “wydverspreide publieke belang” in Harry se visum-dokumente is nie.

Die vereniging het ook vroeër by die VSA-doeane en grensbeskerming aangeklop vir dié dokumente, maar is weggewys omdat Harry se toestemming nodig is alvorens die dokumentasie openbaar gemaak kan word.

Martin glo nie dat die hofsaak in die Heritage Foundation se guns beslis sal word nie.

“Ek het nog nooit van so iets gehoor nie. Daardie aansoeke bevat baie persoonlike besonderhede,” het Martin verduidelik.

“Dit sal skokkend wees as die dokumente openbaar gemaak word. Eintlik bietjie vreesaanjaend, nie net vir hom nie, maar in die algemeen.”

Die hofsaak sal volgende week in Washington DC aangehoor word.

Dié saak vind toevallig dieselfde tyd plaas as die Britse hofsaak waarin Harry tans gewikkel is.

Die hertog (38) het die getuiebank by die Londense hooggeregshof ingeneem in ʼn verhoor wat onregmatige inligting-insamelingseise teen die Mirror Group Newspapers (MGN) oorweeg.

Bykomende bronne: BBC News, Sky News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Samuel ·

Wat nou? Hy wil ander die heeltyd aanpraat? Wat goed is vir die een is ook goed vir die ander. Die reg sal maar sy pad moet loop.

Cecilia ·

Ek hoop regtig hy word gehelp, het die arm man nie al genoeg op sy PLATE nie…

JohanR ·

Lag lekker! Dink net as die VSA die “woke” uitskop, maar vroulief en kinders kan bly?

George ·

Het al gebeur, maar soos die Ausies met Djokavic gedoen het, sal die US hom ook oorsien.

Natasha ·

Ons almal het een of ander tyd in ons lewes idiotiese goed gedoen. Solank hy dit nie meer doen nie, is die hele afere belaglik. Moet ons almal nou 10/20 jaar later verantwoordelik gehou word vir wat ons as tieners gedoen het? Dan gaan bitter min mense hul geboorteland kan verlaat.

Moedeloos ·

Hoeveel verkragters word nou na jare aangevat en voor die hof gedaag en dien selfs tronkstraf uit. As jy jou naam wil weggooi moet jy te alle tye jou verpligtinge nakom – wetlike verpligting ook.

Blomme ·

Wat het geword van ‘uit die kollig wees’ en hul privaatheid geniet? Hulle soek dan nou meer as ooit publieke aandag.. Letterlik op alle gebiede. Solank hul net in die media kan bly…

Lillian ·

Ekt ‘n gly in dié prinsiep gekry, maar hoe wil die VSA om nou verblyfreg weier oor goed wat hy jare gelede gedoen het? Dis mos nou bietjie absurd.

Adri ·

As Harry en Meg SA toe kom hou die loadshedding dalk op ;-) “wishful thinking”!

annie ·

So die maatjie wil sy verkeerde dade tot heldedade gewysig hê. As hy as adelike onwettige verlawende items bekom/gebruik het hy goeie rede weens sy lyding maar ‘gewone’ mense het nie verskonings nie. Harry soek groot ophef maar die pers mag nie die ophef maak nie. Miskien moet die pers hulself straf en hom en sy nederige vroutjie totaal ignoreer. Dan sal hul wel met alle mag publikasie-regte afdwing weens die minagting van hul adelike afhanklikheid van openbare blootstelling.

Cecilia ·

Ek weet mens moet jou foute aanvaar maar van my oog punt hy moes NOOIT NOOIT deur mekaar geraak het met MEGAN nie, want vandaar af is sy hele lewe net een gemors……… en mens kan sien hy is so ongelukkig (Geen smile meer nie)

Lakemalawi ·

Ek was altyd gek oor Harry, tot my nuwe babawoefie 8 jaar terug na hom vernoem. Maar o wee, sedert vroulief in die prentjie gekom het, is my respek skoon pad af met hom en haar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.