Bekroonde akteur en dramaturg sterf

Sam Shepard. Foto: AP Photo/Charles Sykes

Sam Shepard, die Amerikaanse dramaturg en rolprentakteur wat onder meer die Pulitzerprys vir drama en ʼn Oscar-benoeming gekry het, is in die ouderdom van 73 dood.

Chris Boneau, ʼn familiewoordvoerder, het Maandag bevestig Shepard is Donderdag in sy huis in Kentucky in die VSA dood weens komplikasies wat verband hou met Lou Gehrig-siekte.

Shepard het bekendheid verwerf vir sy toneelstukke wat die donkerder aspekte van die gesinslewe en manlikheid in die Amerikaanse Weste vasgevang het. Hy het 44 toneelstukke en talle boeke, memoires en kortverhale geskryf. Sy 1979-toneelstuk Buried Child het hom die Pulitzerprys vir drama besorg.

Sam Shepard. Foto: Saeed Ayani/Netflix via AP

Hy het ook as akteur roem verwerf en het in tientalle rolprente verskyn, onder meer in The Right Stuff (1983) waarvoor hy vir ʼn Oscar benoem is. Hy was ook te sien in Days of Heaven (1978), Baby Boom (1987), The Notebook (2004), Black Hawk Down (2002) en die Netflix-reeks, Bloodline.

Talle van die voorste akteurs en rolprentvervaardigers het sedert Maandag op sosiale media aan Shepard hulde gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Saartjie ·

The thinking woman’s pin-up!

Wanneer ‘n mens oor die drumpel van 60 stap, moet jy seker maar besef dat jy jou literêre helde die een na die ander vaarwel sal moet sê. Maar dit gaan vanjaar darem baie woes – eers Karel Schoeman en nou Sam Shepard.

VanAfrika ·

Hey Sam, what a great actor you were. Saw some of your movies. Some I did not know about but will definitely watch. You will surely be missed, old timer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.