Bekroonde Michelin-sjef sterf

Joël Robuchon. (Foto: AP/Thibault Camus)

Joël Robuchon. (Foto: AP/Thibault Camus)

Die Michelin-bekroonde Franse sjef Joël Robuchon is in Geneva in Switserland in die ouderdom van 73 oorlede. ʼn Woordvoerder van die sjef het dié nuus Maandag aan Associated Press in Parys, Frankryk, bevestig.

Volgens berigte is Robuchon aan kanker oorlede.

Robuchon is bekend daarvoor dat hy selfs die bekende humeurige sjef Gordon Ramsay sy woorde kon laat sluk.

Robuchon, wat dié Britse televisiepersoonlikheid in Parys, Frankryk, gementor het, is die sjef wat die meeste Michelin-sterre ter wêreld verwerf het. Volgens BBC het Robuchon tydens sy loopbaan 32 Michelin-sterre in 13 lande verwerf.

Die Mirror berig die enigste keer wat Robuchon ooit ʼn bord kos na iemand gegooi het, was na Ramsay. “Ek onthou dit was ʼn dis van langoustine ravioli,” het Robuchon in 2013 aan The Telegraph gesê. “Hy het dit nie behoorlik gemaak nie. Ek het dit vir Gordon gesê en hy het op ʼn baie arrogante wyse reageer.”

Robuchon het Ramsay se houding as “moeilik” bestempel. “Aan die einde van elke skof het hy sy pan op die stoof gekap en gedreig om te bedank omdat ek so veeleisend is. Dié keer het hy so op my senuwees gewerk dat ek hom met die bord kos gegooi het.”

Robuchon het in restaurante reg oor die wêreld gewerk, insluitende in Bangkok, Hongkong, Bordeaux en Las Vegas.

In 1987 is hy as “Sjef van die jaar” aangewys en in 1990 is hy as die “Sjef van die eeu” deur die Gault et Millau bekroon.

Robuchon is op 7 April 1945 in Poitiers, Frankryk, gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Me. Respek ·

Rus in vrede, glo daar is tafels klaar gedek.
Sou selfde gedoen het, bedoel vir Ramsay, met bord kos gooi, net omdat hy in kombuis sonder respek vir kos en mense, alles wil weg of reg vloek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.