Belge maak deurbraak met behandeling van demensie

Argieffoto

Argieffoto

Molekulêre bioloë verbonde aan die Universiteit van Leuven het die vooruitsigte vergroot om medisyne vir die behandeling van demensie ’n paar stappe nader te bring.

Die wetenskaplikes onder die leiding van Philip Van Damme en Catherine Verfaillie het hul aandag toegespits op drie pasiënte met ’n sekere tipe demensie, bekend frontotemporale demensie. Hulle het vasgestel dat een spesifieke “seinroete” ’n mutasie veroorsaak wat daartoe lei dat die selle nie tot volwaardige breinselle ontwikkel nie.

Die wetenskaplike het stamselle van velselle gekweek, en deur genetiese manipulasie kon die selle tot volwaardige brein-korteksselle ontwikkel.
Die volgende fase is om nou die molekules te vind wat die regte bestemming sal verseker.

’n Vollediger teks in Nederlands kan in De Standaard hier gelees word.

’n Vollediger teks in Engels kan in Flanders News.Be kan hier gelees word. Beide bronne dui De Morgen as oorspronklike bron aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois P van Zyl ·

Dit sal wonderlik wees om die deurbraak te verwesenlik. Net as mens self die soort siekte sien gebeur met jou naasbestaandes besef mens hoe vernederend dit is om deur te maak.

Herman Toerien ·

Dankie Francois – ja dit het my ma getref. Dis hoekom dit vir my so na-aan die hart lê.

jakoos ·

e.e.e.e…..ek wou iets se^, maar nou kan ek nie onthou wat nie…….

Drieks ·

Ons almal hou duim vas. Dit verskriklik om te sien wat met jou kan gebeur.

Elizabeth ·

Ek hoop regtig op GROOT positiewe verwikkelinge. My skoonma het Alzheimers gehad (maar deel van/soort van demensie) en dis baie baie erg om so ‘n persoon te sien agteruitgaan, stadig maar seker. En mens is SO magteloos. Dis ‘n verskriklike siekte en nie net ‘n kwessie van vergeetagtig wees nie. Daar word myns insiens ook nie genoeg navorsing oor hierdie siekte gedoen en niemand is regtig seker van AL die hoe wat en of/waar en ander faktore wat dit veroorsaak/kan voorkom ens. Ek hoop werklik hier kom gou ‘n groot deurbraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.