België-Frankryk-grens bly oop

Rook borrel by die lughawe uit in Brussel, België. Foto: Daniela Schwarzer via AP

Rook borrel by die lughawe uit in Brussel, België. Foto: Daniela Schwarzer via AP

Veiligheidsmaatreëls op die grens tussen Frankryk en België is opgeskerp, maar ʼn bron in die Belgiese krisissentrum het aan Sputnik-nuusagentskap gesê die grens is nie gesluit nie.

Maroela Media het vroeër Sputnik-nuusagentskap aangehaal waarvolgens die plaaslike RTBF-uitsaaier berig het dat die grens gesluit is ná selfmoordbomaanvalle Dinsdagoggend in Brussel.

“Daar is verskeie punte waar daar openbare veiligheid en nasienpunte ingerig word, ook op die grens met Frankryk waar bykomende sekuriteitsnasienpunte ingerig is,” het die bron aan Sputnik gesê. “Die grens bly gewoonlik oop, maar nou het hulle veiligheidsnasienpunte. Bykomende militêre personeel en soldate is ook ontplooi om die punte te beman.”

Dave Keating, ‘n Amerikaanse verslaggewer in België, het intussen ook op Twitter bevestig volgens die ministerie vir binnelandse sake is die grens nie gesluit nie.

Bron: Sputnik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

Ek het my dinges afgesukkel net om n toeristenvisum vir Europa te Kry. Na al die gesukkel by die Franse ambassade i. Kaapstad, is ek weer intensief by paspoortbeheer in Frankrijk onder vra. Die hele tyd wou hulle seker maak en bly en bly en bly nie daar nie en dat en nie daar zal werk nie. En hier kom mense wat lieg dat hulle refugees is, hulle Kry sonder vrae toegang tot Europa en as hulle eers in is, plant hulle bomme. Kry vir julle Europa. Dit kom nou van dubbele standaarde.

François ·

Stem Jaco. En elke dag is daar dieselfde gebeure in Afrika. Lees maar net News24. Hoekom is dit nie hoofnuus nie?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.