België gee gesteelde kuns terug aan Duits-Joodse familie

“Stillewe met blomme” deur Lovis Corinth (Foto: Photo D’art Speltdoorn & Fils)

België sal ʼn skildery aan die familie van ʼn Duits-Joodse egpaar teruggee van wie dit gesteel is ná hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog uit Duitsland gevlug het, het die regering se navorsingsdepartement Woensdag gesê.

“Stilleven met bloemen” of “Stillewe met blomme” is in 1913 deur Lovis Corinth geskilder en was in Brussel in die versameling van die Koninklike Museums van Beeldende Kunste saam met 30 ander werke wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gesteel is.

Ná dekades van analise en navorsing het kenners bepaal dat die skildery gesteel is deur beamptes van die Duitse besetting uit ʼn pakhuis van goedere wat aan Duits-Joodse vlugtelinge behoort het.

Gustav en Emma Mayer is gedwing om hul besittings agter te laat toe hulle na Engeland gevlug het. ʼn Krat, waarin die skildery gestoor is, is aan die begin van die oorlog uit die pakhuis gesteel.

Thomas Dermine, Belgiese staatsekretaris, het in ʼn brief wat op 26 Mei aan die Duitse prokureurs van die egpaar se kleinkinders gestuur is, amptelik België se ooreenkoms bevestig om die skildery terug te gee.

Die Mayer-familie het reeds in die 1960’s van Duitse owerhede vergoeding ontvang vir die verlies van eiendom. Die familie sal sowat €4 100 (meer as R68 000) moet betaal – die geraamde waarde van die skildery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annie ·

In menige huise/paleise hang skilderye/pronk meubels en musiekinstrumente uit Joodse huise, opgeraap nadat die inwoners onverhoeds deur Nazi’s weggevoer is. Baie huise word bewoon deur nasate van skelms… met groot erfporsies. In koninklike kelders is bekende skilders se werke versteek. Hoe lekker het lande nie die Nazi’s ondersteun en gedeel in bloedgeld nie. Banke weier tot vandag toe toegang aan nasate tot hul voorvaders se geld. Ryk Switserland is een.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.