Belgiese eerste minister bedank oor migrasie-konflik

Charles Michel, die Belgiese eerste minister, kom in Brussel aan vir ʼn EU-beraad (13 Desember 2018). Foto: Geert Vanden Wijngaert/AP

Charles Michel, die Belgiese eerste minister, het Dinsdag sy bedanking aangekondig te midde van druk op sy regering nadat die grootste party in sy koalisie uit die regering getree het weens sy steun aan die Verenigde Nasies se migrasie-ooreenkoms.

Michel (42) het Dinsdag aan Belgiese wetgewers gesê: “Ek het besluit om my bedanking in te dien. Ek gaan nou die koning sien om hom in kennis te stel.”

Lede van die wetgewer het tot nou geëis dat Michel sy nuwe minderheidsregering aan ʼn wantroue-mosie onderwerp, maar Michel het tot dusver geweier en dit was te verwagte dat die vet vandeesweek behoorlik in die vuur sou wees.

Michel het verlede week die steun van die Nieu-Vlaamse Alliansie (N-VA) verloor weens sy steun vir die VN se migrasie-ooreenkoms wat verlede week in Marrakesj onderteken is. Dit het tot woedende protesaksie in Brussel gelei.

Die ooreenkoms, wat nie wetlik bindend is nie, is daarop gemik om ʼn gemeenskaplike internasionale benadering tot migrasie te bereik wat “die soewereine regte van state om hul nasionale migrasiebeleid te bepaal bevestig” en die “fundamentele belang van wettige migrasie” handhaaf.

Michel het voorheen die migrasie-ooreenkoms verdedig en gesê dit bied ʼn geleentheid vir beter Europese en internasionale samewerking. Kritici meen egter dit sal lei tot verhoogde migrasie na die kontinent.

Michel het Koning Philippe Dinsdag ingelig van sy besluit om te bedank, maar die koning moet nog aankondig of hy die bedanking aanvaar.

BBC berig Michel, wat in Oktober 2014 die amp opgeneem het, was destyds op die ouderdom van 38 die land se jongste eerste minister sedert 1841.

Volgens dié nuusagentskap sou België in Mei na die stembusse teruggekeer het, maar Michel se bedanking skep nou die moontlikheid van ʼn vroeë verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

willem Botha ·

Die immigrasie van afrika mense na eerste wêreld lande is en gaan nog groot probleme veroorsaak ,Presedent Trump se benadering klink vir my die beste.

Liberaal ·

Maar wat van ons linkse globale elite se droom om een wereld sonder geloof en blanke ontkenning te skep?

John ·

Die VN het in ‘n gedrog verander met duidelik ‘n eie missie wat in die rigting van die NWOrde oorhel. Die grootbaas uit Portugal, wat netjies sy grense oppas, praat uit twee monde. Trump is nou ‘n stem roepende uit die woestyn teen ‘n oorwig liberales wat chaos begeer. Regverdigheid via sosialisme word gepredik maar magtige dwingelandy deur miljarder-sadiste volg. Wat sou mens hierdie regeringsvorm noem: Hel?

Piet Snot ·

Die VN het nie nou eers in ‘n gedrog verander nie. Onthou jy Resolusie 435 in terme waarvan die mag aan die verloorder vd grensoorlog oorgedra is?
Die VN doen maar net wat die VN nog altyd gedoen het.

Andre ·

Verstaan nie. Mense vlug na die kolonialiste se lande? Die kolonies het onafhanklikheid verkry (deur oorlog of in vrede) en daar was groot onafhankliksheid vieringe. Hulle het vir die regerings gestem en nou? Hoekom maak hulle nie die probleme in hulle eie lande reg nie inpleks daarvan om die probleem te laat emmigreer na die kolonialiste? Mense kan nie weg hardloop vir hulle probleme nie! Sê tog vir hulle.

Twakkie ·

Die Eerste Wêreld se kapitalisme en kompetisiebeginsel sorg vir welvaart; die Derde Wêreld se sosialistiese leefwyse lei tot oorbevolking, hongersnood en oorlog. Waar hulle voorheen binne hul eie grense en masse gesterf het, laat oop grense en globalisme hulle nou toe om eenvoudig die kapitalistiese Eerste Wêreld binne te val en daarop te teer. Sonder om ooit enige bydrae tot die skepping van die rykdom te maak. Die gewone mense in die Eerstewêreldlande het nou genoeg gehad. Ek hou lank reeds die regs-nasionalistiese groepe op sosiale media dop, hopelik kry hulle nou genoeg steun om regerings oor te neem. Ons hier in SA sit onherroeplik in Afrika en getalle is teen ons, maar ek hoop en bid Europa kan die gety nog omkeer. Hoog tyd dat die hoogs betaalde amptenare van globalistiese organisasies soos die EU, die Paryse Akkoord en ander vir hulself regte werk gaan soek en nie net teer op gewone mense se belastings soos die migrante wat hulle so aanmoedig nie. Hoog tyd dat daar ‘n nuwe “nuwe wêreldorde” kom, wat weer hardwerkendes beloon en luies laat krepeer. In plaas van andersom, soos tans.

waarheid ·

Jip die lande wat altyd die vinger na ons gewys het – sit nou met ‘n groot probleem.

Magaretha van heerden ·

Binnekort lyk die pragtige gedissiplineerde Europese lande nes dit lyk in Afrika. Kyk klaar hoe lyk Parys met al die vreemde mense daar. 20 jaar gelede het daar nie n papiertjie op straat gele nie. Nou is dit totaal anders. Waar is die netheid heen? Geen beheer meer nie.
Geen plesier om te toer nie. Kyk na die hoeveelheid verkragtings in Europese lande maar niemand mag se wie die skuldiges is nie al weet almal. Hier hoef niemand te werk nie, huis, selfoon en weeklikse toelaag Alles verniet. Kom net en geniet dit! Wat n sad dag vir almal.

Frederik ·

So hard soos wat ek probeer, het ek nou maar eenmaal net nie simpatie met Europa nie. Die vet weet hoekom wittes so uitermate lief is vir hul medemense en so n begeerte het om almal te wil help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.