Bemanningslid kritiek ná val uit vliegtuig

Argieffoto

ʼn Werknemer van Emirates Airlines het Woensdag kritieke beserings opgedoen toe sy van ʼn stilstaande vliegtuig by die Entebbe-lughawe in Uganda geval het.

Kenia se Daily Nation-koerant berig die vrou het glo die vliegtuig se nooddeur oopgemaak en self uitgespring terwyl passasiers, onderweg na Dubai, besig was om aan boord te gaan.

Daar word bespiegel dat sy dalk haar eie lewe wou neem aangesien sy volgens passasiers glo voor die voorval in ʼn woordewisseling met haar kollegas betrokke was. ʼn Ander ooggetuie het gesê dat sy na bewering ʼn glasbottel onder haar ken gehou het voordat sy gespring het.

Die ernstig beseerde vrou is na ʼn hospitaal gehaas.

Uganda se burgerlike lugvaartowerheid het in ʼn persverklaring aan Daily Monitor bevestig ʼn voorval het by die Entebbe-lughawe plaasgevind en dat ʼn bemanningslid na bewering die nooddeur oopgemaak en geval het.

“Owerhede by die lughawe het dadelik noodprosedures gevolg en haar met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Die omstandighede rakende die voorval word deur die betrokke owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.