Bendeverkragting van meisie (15) regstreeks uitgesaai

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 15-jarige meisie van Chicago in Amerika is erg getraumatiseerd en sterk tans by die huis aan nadat sy die afgelope naweek die slagoffer van ʼn bendeverkragting was wat regstreeks op Facebook uitgesaai is.

Volgens die polisiewoordvoerder, Anthony Guglielmi, het minstens 40 mense na die regstreekse uitsending van die verkragting gekyk sonder om die voorval by die polisie aan te meld.

Guglielmi het gesê die polisie is eers Maandag oor die voorval ingelig, nadat die dogter se ma “naarstigtelik van ontsteldheid” aan die hoof van die departement, superintendent Eddie Johnson, vertel het haar dogter word sedert die naweek vermis.

Die ma het glo ook skermskote van die videomateriaal aan hom gewys. Johnson, wat glo duidelik ontsteld was oor die voorval, het onmiddellik ʼn soektog na die vermeende verkragters van stapel gestuur en Facebook gevra om die video dadelik te verwyder.

Guglielmi sê die polisiedepartement is in die proses om Facebook te dagvaar om die name van die kykers bekend te maak.

Die 15-jarige is Dinsdag gevind en met haar gesin herenig. Sy het glo aan die polisie gesê sy ken ten minste een van die vermeende verkragters, maar dit is nog onseker hoe hulle mekaar ken.

ʼn Woordvoerder vir Facebook, Andrea Saul, het gesê die video is intussen verwyder en ʼn ondersoek duur voort. “Sulke misdade is afskuwelik en ons kan nie toelaat dat sulke inhoud op Facebook uitgesaai word nie,” het sy gesê.

Jeffrey Urdangen, ʼn professor in die regte aan Chicago se Noordwes-Universiteit, het Dinsdag gesê die 40 kykers het nie die wet oortree deur die video te kyk of dit nie by die polisie aan te meld nie. Urdangen meen ʼn klag van kinderpornografie kan ook net aanhangig gemaak word indien die kykers die video afgelaai het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dit is die tweede keer vanjaar dat polisie ʼn misdaad ondersoek wat regstreeks op Facbeook uitgesaai is.

In Januarie vanjaar is vier mense in hegtenis geneem nadat hulle ʼn verstandelik gestremde man getart en mishandel het en dit ook regstreeks uitgesaai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê Fout,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig en dankie dat jy ons daarop gewys het. Die meisie is 15 jaar oud. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Anell ·

As ek sulke artikels lees, sien hoe haat en nyd, selfsug en wreedheid orals broei. As ek besef hoe meisies verkrag word en ander dit kyk en geniet… besef ek, ek is klaar met mensdom. Ek wil my hande saam slaan en uitroep aan ons Vader.
En ek besef weer, goeie mense wat stilbly oor onregte wat bose mense sien, is die oorsaak van als

pieterdp ·

Kyk is een ding en as ook af laai.
Maar soms maak jy iets oop en weer toe wand dis on vanpas. Maar dan is die vraag is daar of was daar n misdaad aan die materiaal wat op F book ge laai is. In dien dit sê of wys dis deur musdaat bekom, wel dan is dit n musdaat om dit te kyk.
As die ma dit nie uit gewys het nie, wie sou weet. Maar wel gedaan F book as dit nie vir julle was nie sou baie musdaade ongesiens verby ge gaan het en daai moeder sou nuks kon wys aan die poliesie nie.

Cherokee ·

Pieter, jy pleeg mos musdaat teenoor Afrikaans. Onthou net, die poliesie lees ook Maroela,

ElriG ·

Ek kan dit nie glo nie. Mens is so wreed. Om haar nog verder te verneder deur alles nog uit te saai ook? Dis om van naar te word!

Pop ·

Die duiwel se kettings is los. Ons moet almal na Angus se diens gaan.

S ·

Sjoe…van wat af is “naarstigtelik van ontsteldheid”vertaal? Dit kan sekerlik nie reg wees nie.

antonie ·

dit is wreed en siek verby, dit is amper soos n ‘snuff out’ rolprent, dit is jammer hulle kan nie die mense wat daarna gekyk het ook vervolg nie, lyk my die wreedhede moet altyd in oortreffende trap gedoen word anders is dit nie ‘videowaardig’ nie

Sonja ·

Dis pateties van almal wat gesit en kyk ht hoe dai meisie verkrag is. As jo medemens jo ni eers meer help.
Mag dai verkragters se dag sommer vinng kom.

Cherokee ·

Daai perfessortjie van die regte by die Noordwes Universiteit in Chicago het seker nog nooit gehoor dat dit strafbaar is om inligting te weerhou wanneer dit met misdaad te doen het.

Kas ·

Liberale waardes verseker die vryheid van die misdadiger en onderdrukking van die goeie.

susan ·

So is daar ook die videos op fb aar gewys word hoe kinders geslaan word of vroue ens. Hoe is dit moontlik dat die wat die videos neem net toekyk en nie help? Daarom sal ek ook sê die wat die videos neem en nie dadelik vat en aanmeld nie, is netso skuldig aan die daad. En mense wat wil menings lig net oor “spelling”! Weet jy , is so bly dat jul absuluut nikls verkeers se of doen in die lewe nie, en die beste ding ooit kan doen en dis om klippe te goo! Jyt geen balk in jou eie oog nie. Nie gedink daar kan sulkes wees nie. Allerheillig ne?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.