Beperkte vrede in Sirië dalk weer moontlik

Argieffoto van Sirië

Argieffoto van Sirië

Nadat verteenwoordigers van 17 lande wat by die konflik in Sirië betrokke is deurnag in München, Duitsland, koppe bymekaargesit het, is vanoggend aangekondig dat voorlopige vredesplanne in werking gestel gaan word.

Die voorstelle behels dat gevegte in die komende dae “geleidelik” gestaak word, en dat humanitêre hulp dadelik na gebiede moet kan gaan wat nou van hulp afgesny is.

Verhale van onnoembare ontbering bereik die buiteland. Dit móét tot konkrete vredesvoorstelle lei. Die samesprekings sluit nie die twee radikale terreurorganisasies, die IS en Al Nusra, in nie.

Daar is egter probleme. Rusland het voorgestel dat die skietstilstand eers op 1 Maart in werking tree, maar die VSA meen dit bied Rusland die geleentheid om onbeheers bombardemente ter ondersteuning van pres. Al-Assad uit te voer.

Die pro-demokratiese alliansie, wat ook onder Russiese bombardemente deurloop, is ook skepties of die jongste planne enige positiewe gevolge sal hê. Die Russiese premier, Dmitri Medwedef, het in ’n onverwante media-onderhoud gewaarsku dat Rusland en die ander moondhede se verskillende opvattings oor wie vyand, en wie vriend is, tot ’n volgende wêreldoorlog kan lei.

Formele vredesamesprekinge word weer op 25 Februarie in Genève hervat.

Bronne: Trouw,  De Standaard,  FocusOnline

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trolle ·

Die heeltyd het daai 17 lande niks geworry oor al die christine en kinders wat vermoor word by die duisende deur isis nie,nou dat Russia op die wen pad is en die blok benoud raak vir isis soek hulle skielik vrede?Hoe kan daar vrede wees met isis wat gaan aangaan met hulle moor van mense nadat Russia ontrek het.Seker een van USA se belaglike idees om weer beheer oor Syria te kry,want hulle kan nou nie meer bomme gooi met Putin se S400 devence system nie.
Slaan hulle Putin tot hulle oe begin traan moenie ophou nie.
Hoekom praat hulle met hulle ally Turkey nie,wat soek hulle in Syria?
Russia was die een wat laaste sy mense se lewens gewaag het om aid te gee aan afgesonderde Syrians.

Trolle ·

Ek meen putin moet vir isis bom nie USA nie. Wereld oorlog sal elkgeval een of ander tyd kom,niks kan dit seker meer keer nie?Dit lyk amper of dit al jare terug beplan is dat die USA en Russia teen mekaar gaan baklei.

chrisp ·

Stem Trolle.

Is dit maar nie weereens die VSA se manier om her’te-groepeer nie?
Hulle het mos reeds in die verlede.

Luister ·

Darem tragies dat mense in magsposisies; kan besluit oor duisende mense se lot. Hulle stry oor ‘n datum wanneer hulle sal ophou baklei, sodat onskuldige mense ophou sterf, en nog ander hulp kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.