Berigte verwerp dat Schumi weer kan loop

Michael Schumacher

Michael Schumacher

Michael Schumacher se bestuurder, Sabine Kehm, het ʼn berig in ʼn Duitse tydskrif verwerp dat die voormalige F1-kampioen weer kan loop, twee jaar ná hy ʼn ernstige kopbesering opgedoen het in ʼn ski-ongeluk.

“Ons moet noodgedwonge weens ʼn berig in die pers dit ongelukkig duidelik maak dat die bewering, dat Michael weer kan loop, nie ooreenstem met die feite nie,” het Kehm aan Bild-koerant gesê.

Volgens Kehm is spekulasie van dié aard “onverantwoordelik”, aangesien dit vir Michael “baie belangrik is om sy privaatheid te beskerm weens die omvang van sy beserings”. “Dit skep ook vals hoop by aanhangers en persone wat hom goeie wense toewens,” het sy bygevoeg.

Schumacher (46) was maande lank in ʼn koma ná sy ongeluk in Meribel, Frankryk, op 29 Desember 2013. Hy is in Junie 2014 uit ʼn hospitaal na ʼn rehabilitasiekliniek geskuif en sy rehabilitasie duur sedert September 2014 voort by sy huis in Switserland.

Lees alle vorige berigte oor Michael Schumacher op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bruno Stef ·

Daar is so min informasie ivm die ongeluk en die beserings wat Michael opgedoen het dat nuusmedia maar net spekuleer.Al wat ek weet is dat Michael die beste bestuurder van alle tye was en n tipiese Duitse perfeksionis was en n mens gun hom net n volkome herstel toe.

SkarrelKind ·

Ernstige kopbeserings is so ‘n hartseer ding. Dit het ‘n vriendin oorgekom en die pad is maar ‘n moeilike een. Ek hoop hy vorder met sy rehabilitasie en dat mense sy privaatheid sal respekteer.

Peet Schabort ·

F1 oftewel Formule 1 kan getel word onder van die gevaarlikste sportsoorte ter wêreld. Mens kan net gaan kyk na Wikipedia om ‘n indruk te kry van Schumi se prestasies in motorsport vanaf ouderdom ses. Met die besef en gedurige verbeterings en ontwikkelings om die sport veiliger te maak word die vrugte ook gepluk deur die gewone motoris ‘op straat’. Dit gaan egter oor die verbetering van grotendeels voertuie en nie meer soseer die baan waarop gejaag word wat alreeds (bykans) vervolmaak is betreffende veiligheid. Dis nou net hier waar daar op ons paaie gejaag word met die volgende: rondloper diere, lamppale, bome, walle, slote, lang gras tot teen die pad, slaggate, olie op die pad, verkeer van voor, dommes wat ‘n U-draai maak terwyl jy aangevlieg kom, harde voorwerpe soos spykers en boute . . . ens. Dis dan wanneer jy té laat besef dat jy in een moerse ongeluk gaan betrokke raak en daar geen keer is.
Terug na Schumi; dit is werklik tragies om gedurende ‘n ontspannende tydjie in so ‘n fratsongeluk betrokke te raak. Ongelukke skuil maar altyd daar waar jy dit die minste verwag.
Sterkte aan Schumi en sy familie in ‘n uiters moeilike tyd.

Eish! ·

Rerig ons mis hom. Wens hom alle sterkte toe en ja ek is nuuskierig oor sy stand.

Chris W ·

Ek sou baie graag presies wou weet in watter toestand ,geestelik en ligaamlik,Shumacher regtig is.My vrou het ook in 2013 in ‘n ongeluk toe iemand van agter in ons vasgejaag het ,brein beserings opgedoen .Sy was 42 dae in ICU en 4 maande in totaal in die hospitaal.Gelukkig is ek ongedeerd.Dis nou 2 en ‘n 1/2 jaar later en ek trek haar aan en uit,bad haar,was haar hare ,knip haar naels,doen al die huiswerk self insluitende wasgoed was en kosmaak.Sy het ‘n spraak probleem oorgehou en haar regterkant is baie traag.Sy kan na baie fisioterapie en oefeninge wat ek haar laat doen kort entjies met ‘n driepoot kierie loop as ek haar regterhand (wat steeds nie werk nie) vashou.Ons lewens is in ‘n oogwink omgekeer.Sy het geheue verlies ook en kan niks onthou van die dag van die ongeluk af tot so 30 jaar terug nie!Sy weet nie eers watse linne sy het of wat in haar huis aangaan nie.Dinge wat ek nie kan onthou nie is totaal verlore want sy onthou ook nie!Maar danksy ons hemelse Vader se ingryping het sy alreeds geweldig baie vordering gemaak maar die pad is nog lank vorentoe.
So met my ondervinding van ‘n breinbesering voel ek baie vir Michael Shumacher se vrou en familie.Hy het wel baie geld en kan die beste behandeling en terapeute en spesialiste bekostig maar NIKS kan sy breinbesering tot niet maak nie.Ek hoop regtig hy kan eendag weer loop.Net jammer hulle hou nuus oor sy vordering so geheim.Ek voel hulle skuld sy miljoene aanhangers en ondersteuner darem meer as wat hulle huidiglik bekend maak.Al wat ek weet is hy het ‘n laaaang pad voor hom nog en kans op ‘n volkome herstel is daar beslis nie.

Rikku ·

Chris W – Baie goed gestel.
Almal wens hom ( Michael )net beterskap toe, maar wil ook graag meer weet oor sy vordering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.