Beroemde foto 50 jaar gelede geneem

Dit is vandag presies 50 jaar gelede dat die bemanning van Apollo 8 die bekende foto geneem het van die aarde wat oor die horison van die maan opkom. Apollo 8 was die eerste bemande tuig van die aarde wat om die maan gewentel het. Die bemanning het ’n gewone kamera wat met ’n film werk op dié reis na die maan saamgeneem, hoofsaaklik om beter foto’s van die maan se oppervlak te neem omdat dit van ’n beter gehalte sou wees as foto’s wat van die aarde af met teleskope geneem word, óf deur die aanboordkameras wat hul foto’s sou terugsein.

Die foto is op 24 Desember deur die bemanningslid William Anders geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.