Berugte kruising eis 18 in limo, twee voetgangers

Wrakstukke van die limousine waarin 18 mense omgekom het, het Saterdagmiddag oor die ongelukstoneel verspreid gelê. Foto: Hans Pennink/AP

Die plek waar ʼn ongeluk plaasgevind het waarin twee voetgangers en 18 insittendes van ʼn limousine, onder wie vier susters, op pad na ʼn verjaardagparty dood is, is berug daarvoor dat dit gevaarlik is, iets waaroor inwoners al lank bekommerd is.

Die kruising op die dorp Schoharie, in die staat New York, is in 2008 herontwerp weens al die noodlottige ongelukke wat daar plaasgevind het, het Jessica Kirby, besturende direkteur van die Apple Barrel Country Store and Cafe gesê. Haar winkel is teenaan die gevaarlike kruising geleë.

Vandat die kruising herbou is, het drie trekkersleepwaens reeds deur dieselfde stopteken gery waardeur beamptes meen die limo gebars het voor dit in ʼn veld agter haar winkel tot stilstand gekom het. Beamptes het saam met die nasionale regering gewerk om swaarvoertuie op die pad te verbied, maar sy sê ongelukke gebeur steeds.

New York se goewerneur, Andrew Cuomo, het Sondag in ʼn mediaverklaring gesê hy het staatsagentskappe opdrag gegee om alle moontlike hulpbronne in te span om die jongste ongeluk te ondersoek en te bepaal wat tot die tragedie aanleiding gegee het.

Nadoodse ondersoeke word nog op die slagoffers uitgevoer; die owerheid het nie bekendgemaak of die 18 insittendes van die limo veiligheidsgordels gedra het of hoe vinnig die voertuig gery het ten tyde van Saterdagmiddag se ongeluk nie.

Volgens naasbestaandes was die limo onderweg met onder andere vier susters en hul vriende na die jongste suster se 30ste verjaardagparty.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

PartyLimo..... ·

Nou kry die kruising die skuld?
Ek lees verjaardag partytjie + Limo + 18 passasiers ==my som ==booze cruize went wrong…..

Regtig? ·

Moenie belaglik wees nie. ‘n Limo het ‘n bestuurder wat nie deel van die groepie is wat hy vervoer nie. Wat het hy tog nou met ‘n sogenaamde booze cruise te doen? En as die groepie in die limo op ‘n booze cruise is, so wat? Hulle drink en bestuur nie, inteendeel hulle is verantwoordelik genoeg om vervoer te reël sodat hulle nié hoef te bestuur as hulle wil drink nie. Dink ‘n bietjie voordat hy kritiseer.

Regtig? ·

The Daily Mail berig: “The limousine in Saturday’s upstate New York crash which killed 20 people had failed a safety inspection just last month – and its driver did not even have the correct license to drive it.”

Yankee ·

Thanks for that. The limo owner, the driver ( if alive) will go to jail for a very long time. Not the road, nothing wrong with it!!!

LB ·

Ander berigte sê hulle was oppad na ‘n troue waaronder 4 susters, 2 broers en twee bruidspare. Ek weet nie watter inligting korrek is nie maar dit is uiters tragies!

Elsa ·

My eerste gedagte, toe ek van die 4 susters gelees het, was aan daardie arme ouers wat 4 kinders op een slag verloor het. Dis hartverskeurend.

RHG ·

Ek weet nie al die feite nie, maar 20 mense summier dood! Dis baie erg.
So baie mense in ‘n limosine! Dit moet ‘n baie lang voertuig wees en nie maklik om te hanteer nie. Ek meen ‘n limo nie ‘n minibussie nie. Groot tragedie.

wilma ·

Volgens ‘n nuusberig het ek die afleiding gemaak dat die bestuurder van die voertuig ook dood is en dat hy die stopteken verontagsaam het. Dit is egter ‘n verskriklike tragedie wat moontlik verhoed kon gewees het.

Sulet ·

Ek wonder nou weer of die bestuurder nie ‘n terroris was en dit aspris gedoen het nie? Truth is stranger than fiction.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.