Beseerde skillie kry skaatsplank

Helmuth die skilpad beweeg nou met behulp van ’n skaatsplank rond. (Foto: Facebook / Zoom Erlebniswelt)

’n Gespoorde Afrika-skilpad wat Helmuth heet het onlangs ’n skaatsplank ontvang wat hom help om gemakliker rond te beweeg.

Luidens berigte het Helmuth, wat in die Zoom Erlebniswelt-dieretuin in Gelsenkirchen in die weste van Duitsland aangehou word, gewrigsprobleme wat veral sy voorpote affekteer. Helmuth sukkel gevolglik om sy reusedop te lig en te beweeg.

ABC 30 in München berig dat Helmuth vanjaar sy 23ste verjaardag gevier het en meer as 100 kg weeg.

Hy kry glo gereeld behandeling vir sy gewrigsprobleme en ontvang medikasie om die pyn te verlig.

Dit was juis sy fisioterapeut wat met die blink idee vorendag gekom het om ’n skaatsplank aan die onderkant van sy lyf te plaas om beweeglikheid te bevorder.

Die skaatsplant is spesiaal vir Helmuth ontwerp. (Foto: Facebook / Zoom Erlebniswelt)

“Hy is gewoond aan die oefeninge en geniet dit nou baie meer,” het een van die dieretuin se woordvoerders aan ABC 30 gesê.

Volgens die San Diego-dieretuin in die VSA se webwerf is die gespoorde Afrika-skilpad die grootste landskilpad ter wêreld en ’n baie gewilde troeteldier.

Luidens ’n inskrywing op dié webwerf kan dié skilpaaie maklik so lank as 76 cm lank word en kan die mannetjies tot ongeveer 90 kg weeg.

Die gespoorde Afrika-skilpad is volgens die Wêreldbewaringsunie (IUCN) se rooi lys ’n bedreigde spesie.

Spornschildkröte Helmuth bei der Physiotherapie

Spornschildkröte Helmuth bekommt momentan täglich Physiotherapie. Dabei wird das 100 kg schwere Tier von zwei starken Mitarbeitern auf ein Rollbrett gesetzt und bewegt sich damit selbstständig vorwärts. Grund ist, dass er Veränderungen an den Schultergelenken hat. Durch die Beeinträchtigung verharrte er oft in einer Schonhaltung und verwendete vor allem sein rechtes Vorderbein nur noch eingeschränkt. Damit er durch die Schonhaltung nicht die Muskeln in allen Beinen verliert und weiterhin in der Lage ist, seinen Panzer eigenständig zu stemmen, trainiert er nun regelmäßig mit Hilfe des Rollbretts. Der Therapie- und Medikamentenplan für Helmuth wurde in Absprache mit Reptilienexperten entwickelt und wir erhoffen uns in nächster Zeit Besserung für ihn. Für die Diagnose seiner Schultergelenksprobleme wurde Helmuth übrigens letzte Woche in dem Computertomographen der Tierklinik Telgte untersucht, das normalerweise für Pferde verwendet wird. Wegen seines breiten Panzers war es sehr schwierig, ein passendes CT zu finden. Den Transport und die Untersuchung hat er sehr gut überstanden. Fotos davon findet ihr auf der Facebook-Seite von der Tierklinik.

Posted by ZOOM Erlebniswelt Gelsenkirchen on Wednesday, March 31, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Nou sal skillie ‘n Ollie kan doen op die skaatsplank. Ollie: A jump performed by popping the tail of the board on the ground, and using the front foot to even out body and attain air. …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.