Besluit oor Djokovic-deportasie binnekort verwag

Novak Djokovic neem deel aan ‘n oefensessie voor die Australiese Ope in Melbourne. (Foto: Mike Frey/AFP)

Australië sal na verwagting Donderdag besluit of hy Novak Djokovic uit die land gaan pos ná ʼn opspraakwekkende regstryd oor die tennissuperster se aankoms in die land sonder dat hy teen Covid-19 ingeënt is.

Die 34-jarige, die wêreld se voorste manstennisspeler, se hoop op ʼn rekord 21ste Grand Slam-titel is in die weegskaal nadat hy erken het dat hy isolasiereëls in Serwië oortree het en toegegee het dat ʼn verklaring in sy Australiese reisdokumente foutief was.

Die organiseerders van die Australiese Ope het aangekondig dat die trekking vir die Ope vertraag is, wat bespiegeling vererger het dat ʼn aankondiging binnekort verwag kan word. Die organiseerders het egter geen rede vir die vertraging gegee nie.

Die regering oorweeg vir ʼn tweede keer om Djokovic se visum op te skeur nadat ʼn eerste kansellasie daarvan in die hof omgekeer is.

Die minister van immigrasie, Alex Hawke, oorweeg dit om sy magte te gebruik om die visum te herroep, het sy woordvoerder gesê. Omvattende voorleggings van Djokovic se regspan het egter ʼn besluit vertraag.

Hawke sal na verwagting vandag besluit, het ʼn ongenoemde bron aan Australië se Sydney Morning Herald gesê.

Melbourne se Herald Sun het ʼn ongenoemde staatsamptenaar aangehaal as dat hy sê om toe te laat dat Djokovic in die land bly, ʼn gevaarlike presedent kan skep. Volgens die bron word daar van eerste minister Scott Morrison se regering verwag om op te tree, ten spyte van enige internasionale druk omdat die kansellasie van die visum in ooreenstemming sal wees met Australië se pogings om die vinnig verspreidende virus te stuit.

Die regering se regstryd met Djokovic is deurspek met politieke slaggate in ʼn land wat die afgelope twee jaar sommige van die strengste Covid-19-inperkings moes verduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
wendy

Novak se storie word nou afgesaai

Julius

Hulle sit met ‘n moeilike beslyt, want Novak is die een wat die geld gaan lok na die spele. As hy nie deelneem nie verloor hulle miljoene.

Anel

Ek kan nie hulle probleem verstaan nie. Of jy nou hulle spuit gehad het of nie, jy kan nog steeds siek word of die virus oordra. En hy het al blykbaar die siekte gehad en hoeveel keer nagatief getoets. Maar nou ja, as ek hy was het ek my goed gevat en geloop. Die lot wil seker maar net hê een van hulle spelers moet ‘n slag wen. Maar as jy nie teen die beste kan speel nie is jou oorwinnung ook nie so ‘n prestasie nie. Wat kan mens in elke geval meer verwag van mense wat niks was… Lees meer »

Treurwilger

Wel, een ding is duidelik, dit gaan geensins oor gesondheid-en veiligheidsredes nie, want dan sou Novak lankal gedeporteer wees. Hy kon na ‘n week in die land reeds honderde mense besmet het, of hoe.
Suiwer politiek.

Hardverworwe menseregte het wêreldwyd reeds só vervaag dat ‘n gesonde verdedigende kampioen (9x) tot hierdie uiterstes moet gaan om in ‘n Covidbesmette land sy professie te beoefen.

Interessant dat die WGO gister aankondig dat internasionale reise nié deur verpligte inentings beïnvloed moet word nie. Hulle keur inentingsmandate deur regerings AF.

Catherina

Vat jou goed en trek. You are a civilian and must obey rules of country where you visit…..regardless of who you are..