Besluit oor Djokovic-deportasie binnekort verwag

Novak Djokovic neem deel aan ‘n oefensessie voor die Australiese Ope in Melbourne. (Foto: Mike Frey/AFP)

Australië sal na verwagting Donderdag besluit of hy Novak Djokovic uit die land gaan pos ná ʼn opspraakwekkende regstryd oor die tennissuperster se aankoms in die land sonder dat hy teen Covid-19 ingeënt is.

Die 34-jarige, die wêreld se voorste manstennisspeler, se hoop op ʼn rekord 21ste Grand Slam-titel is in die weegskaal nadat hy erken het dat hy isolasiereëls in Serwië oortree het en toegegee het dat ʼn verklaring in sy Australiese reisdokumente foutief was.

Die organiseerders van die Australiese Ope het aangekondig dat die trekking vir die Ope vertraag is, wat bespiegeling vererger het dat ʼn aankondiging binnekort verwag kan word. Die organiseerders het egter geen rede vir die vertraging gegee nie.

Die regering oorweeg vir ʼn tweede keer om Djokovic se visum op te skeur nadat ʼn eerste kansellasie daarvan in die hof omgekeer is.

Die minister van immigrasie, Alex Hawke, oorweeg dit om sy magte te gebruik om die visum te herroep, het sy woordvoerder gesê. Omvattende voorleggings van Djokovic se regspan het egter ʼn besluit vertraag.

Hawke sal na verwagting vandag besluit, het ʼn ongenoemde bron aan Australië se Sydney Morning Herald gesê.

Melbourne se Herald Sun het ʼn ongenoemde staatsamptenaar aangehaal as dat hy sê om toe te laat dat Djokovic in die land bly, ʼn gevaarlike presedent kan skep. Volgens die bron word daar van eerste minister Scott Morrison se regering verwag om op te tree, ten spyte van enige internasionale druk omdat die kansellasie van die visum in ooreenstemming sal wees met Australië se pogings om die vinnig verspreidende virus te stuit.

Die regering se regstryd met Djokovic is deurspek met politieke slaggate in ʼn land wat die afgelope twee jaar sommige van die strengste Covid-19-inperkings moes verduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Julius ·

Hulle sit met ‘n moeilike beslyt, want Novak is die een wat die geld gaan lok na die spele. As hy nie deelneem nie verloor hulle miljoene.

Magda ·

Geld is belangrik, maar DEFNITIEF NIE ALLES NIE. DEPORTEER HOM ASAP

VaalDonkie ·

Magda, hy het alreeds COVID gehad en het meer breedvoerige immuniteit as enigiemand wat die prikkie gevat het. Wat is die probleem?

Anel ·

Ek kan nie hulle probleem verstaan nie. Of jy nou hulle spuit gehad het of nie, jy kan nog steeds siek word of die virus oordra. En hy het al blykbaar die siekte gehad en hoeveel keer nagatief getoets. Maar nou ja, as ek hy was het ek my goed gevat en geloop. Die lot wil seker maar net hê een van hulle spelers moet ‘n slag wen. Maar as jy nie teen die beste kan speel nie is jou oorwinnung ook nie so ‘n prestasie nie. Wat kan mens in elke geval meer verwag van mense wat niks was en nou iets probeer wees. Hulle voorouers bly misdadigers!

piet ·

“hy het al blykbaar die siekte gehad”. Het hy? Dis glad nie ‘n uitgemaakte saak soos hy lieg nie. Australie se reels is dat jy of volledig ingeent moet wees of ‘n dokter moet redes gee hoekom die persoon weens mediese redes nie hoef in te ent nie. Ek weet nie of dit voldoende is as ‘n persoon bloot geinfekteer is maar geen simptome toon nie. Ek dink hulle verwag dat die persoon werklik (akuut) siek moes wees en dan van die siekte herstel het.

Rooikopheks ·

Dit gaan oor eerlikheid, waarom in die eerste plek hardgebak en arogant te wees, reëls is daar vir almal. Oneerlikheid en leuens begin klein en waar eindig dit?

Treurwilger ·

Wel, een ding is duidelik, dit gaan geensins oor gesondheid-en veiligheidsredes nie, want dan sou Novak lankal gedeporteer wees. Hy kon na ‘n week in die land reeds honderde mense besmet het, of hoe.
Suiwer politiek.

Hardverworwe menseregte het wêreldwyd reeds só vervaag dat ‘n gesonde verdedigende kampioen (9x) tot hierdie uiterstes moet gaan om in ‘n Covidbesmette land sy professie te beoefen.

Interessant dat die WGO gister aankondig dat internasionale reise nié deur verpligte inentings beïnvloed moet word nie. Hulle keur inentingsmandate deur regerings AF.

Catherina ·

Vat jou goed en trek. You are a civilian and must obey rules of country where you visit…..regardless of who you are..

JM ·

Ek hoop Australië pos vir Djokovic. Wie dink die man is hy om vir Australië in hul eie land te wil voorskryf? Reëls is reëls en in Rome maak jy soos die Romeine.

Michael ·

Die enigste virus wat vinnig versprei is die virus van kommunisme en diktature. Wanneer gaan mense ophou om die hoofstroompropaganda netwerke se leuens te glo. Al het mense die inspuitins gekry versprei dit nog steeds-erken die owerhede self. Mens moet wakker word en ophou ingee vir die leuens

Daleen ·

Dis die hele probleem hier Michael. So almal is ongelukkig oor die “leuens” wat versprei word oor die virus MAAR dan gaan Novak en vertel OOK leuens. As jy teen leuens is moenie leuens vertel nie. So die hele wereld is klomp hipokrate as jy vir iets is staan ALTYD vir dit nie net SOMTYDS nie.

Jacobus ·

Baie raak gestel Michael. Die amptenare raak nou heeltemal mag-siek. Die onsigbare geld wortel moet baie groot wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.