Beswaar oor leeus van ‘verskillende gelowe’ in selfde kamp

Foto ter illustrasie. (Argieffoto: Facebook/Rhys Scott-Dawkins)

ʼn Indiese hof het die owerhede vandeesweek gevra om nuwe name vir twee leeus te vind wat na ʼn Hindoe-godin en ʼn Moslem-keiser genoem is, nadat ʼn godsdiensgroep ʼn petisie ingedien het om te verhoed dat die twee leeus ʼn kamp deel.

Sita en Akbar is hierdie maand na die Siliguri-dieretuin in Wes-Bengale verplaas as deel van ʼn uitruilprogram met ʼn buurstaat.

Dit het die Vishwa Hindu Parishad (VHP), ʼn prominente regse Hindoe-organisasie wat hom beywer vir die ontmoediging van intergeloofsverhoudings, ontstel.

Die groep het die saak hof toe geneem en gesê die twee leeus wat saam aangehou word is “lasterlik” en kwetsend vir die Hindoe-godsdienstige sentiment.

Regter Saugata Bhattacharyya het Donderdag in die hooggeregshof in Kolkata die staat se regsverteenwoordiger gevra dat die twee leeus herdoop word.

“Die name moet vermy word en die gebruik daarvan gestaak word om onnodige omstredenheid te voorkom,” het hy volgens die Hindustan Times gesê.

Staatsadvokaat Joyjit Choudhury het aan die regter gesê dat die staat “reeds daaraan dink om die twee leeus te herdoop”.

Sita is een van die hoofkarakters van die Hindoe-verhaal Ramayana en die vrou van Ram, een van die Hindoe-geloof se mees gerespekteerde gode.

Akbar was ʼn 16de-eeuse Mughal-keiser wat Islamitiese heerskappy in ʼn groot deel van die Indiese subvasteland uitgebrei het, ʼn tydperk waarin Hindoe- nasionalistiese groepe se godsdiens onderdruk is.

Die VHP het ook beweer dat Akbar die leeu oorspronklik na Ram genoem is voordat die paar in Siliguri aangekom het.

Kritici sê godsdiensonverdraagsaamheid jeens Indië se 200 miljoen Moslem-inwoners – ʼn minderheidsgeloof in die land – het toegeneem sedert premier Narendra Modi se regering in 2014 aan bewind gekom het.

Die VHP, ʼn groep wat losweg verbind is met Modi se regerende Bharatiya Janata Party, het hom beywer teen intergeloofshuwelike en pogings ondersteun om dit te bemoeilik.

Dit het ook ʼn “Love Jihad”-samesweringsteorie gepromulgeer wat beweer dat Indië se Moslem-minderheid Hindoe-vroue in huwelike in lok om hulle tot die Islam-geloof te bekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Liewe land, waaroor sal die mensdom NOG onder mekaar baklei???????????????

Danie ·

Ek het ‘n gevoel die leeus voel regtig vere oor die geloof wat mense dink hulle het. Hulle weet wie hulle regte skepper is…

Jannie ·

Ek begin dink daardie mense het paar skroewe los – eers ‘n duif maande lank aangehou op suspisie van spioenasie en nou hierdie crap. Ai,ai,ai.
Daar is soveel arm mense wat in slums leef by hul – dalk eerder hul beywer om hul omstandighede beter te maak

Misky ·

Liewe aarde!!!! Dis `n leeu en dis al. Sy grootste behoefte is `n lekker groot stuk steak en die mense maak `n ophef van wat hulle glo sy “geloof” moet wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.