Betogers gooi glo suur na NZ-owerhede

Nieu-Seelandse polisiebeamptes staan Dinsdag wag in Wellington. (Foto: Marty MELVILLE / AFP)

Drie Nieu-Seelandse polisiebeamptes is Dinsdag in ’n hospitaal in Wellington opgeneem nadat betogers vermoedelik ’n suurmiddel na hulle gegooi het. Dít terwyl een betoger na bewering in ’n motor op ʼn ry van polisielede afgepyl het, voordat hy sentimeters van die polisie af tot stilstand gekom het.

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, veroordeel die “absoluut skandalige” tonele wat vroeër vandag naby die parlement afgespeel het.

Die assistent-polisiekommissaris Richard Chambers sê die drie polisiebeamptes wat hospitaal toe geneem is, sterk goed aan. Hy blameer ’n sekere groep binne die betoging vir die “afgryslike” aanval.

“Polisiebeamptes doen hul werk so goed hulle kan om die vrede te bewaar… daar is ’n groep [betogers] wat vasbeslote is om geweld en aggressie aan te hits – ons kan dit nie duld nie.”

Gemoedere loop sedert Maandag weer hoog nadat die polisie wou verhoed dat die betoging voor die parlementsgebou verder uitbrei en glo met menslike afval gegooi is.

Ardern sê sy is bekommerd dat die betoging al hoe meer gewelddadig word. “Die aanvalle op die polisie was absoluut skandelik.

Nieu-Seelandse polisiebeamptes staan Dinsdag wag in Wellington. (Foto: Dave Lintott / AFP)

“Aan enigiemand daar wat dink hulle is deel van ’n vreedsame protes, dit is nié wat ons vandag gesien het nie… ek sal hulle aanmoedig om [huis toe] te gaan.”

Chambers sê die onlangse gebeure toon dat die betogers “nie meer in beheer is van die gedrag in en om die parlement nie”.

Die betoging in Wellington het weke gelede ontstaan as ’n beweging teen verpligte inenting, geïnspireer deur soortgelyke betogings in die Kanadese hoofstad, Ottawa.

Minstens 1 500 mense betoog nou in die hoofstad van Nieu-Seeland.

“Wellingtonners het genoeg hiervan gehad,” sê Grant Robertson, adjunk-premier. “Ons strate is versper, ons mense is geteister, ons omgewing is beskadig.

“Dit is protesoptrede wat veel verder strek as wat ek dink die meeste Nieu-Seelanders sal beskou as ’n vreedsame protes – jy het jou punt gemaak, gaan asseblief nou.”

Lees al Maroela Media se berigte oor Covid-19-betogings hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Marianna ·

Kry regerings wat deur burgers aangestel is, nie verstaan dat mense nie wil gedwing word oor enigiets nie. Mense het ‘n vrye keuse maar nou word dit weggeneem deur leiers wat die pandemie gebruik om hulle ‘power’ te vertoon. Hier in SA gaan ons dieselfde ding sien en mense gaan opstaan.

krodedil ·

Oral in die wereld kom mense nou in opstand teen entmiddels. Well done. Ek hoop ander lande volg

piet ·

Die ingeentes sal hulle uitsorteer. Hierdie mense is ver in die minderheid. 83% van NZ se bevolking het al minstens 1 shot gekry.

Johan ·

Dis waar jy die fout maak Piet, baie van die betogers is ingeënt. Jy dink dis n vax teen antivax, net daar is jy verkeerd. Dit gaan oor vryheid teenoor diktatorskap.

Dirk Mostert ·

Ons sal sien oor ‘n paar jaar wie is dan die meerderheid!

Heinrich ·

Dis ‘n kwessie van uit wie se perspektief jy kyk. Is dit ‘n regering wat die beste vir hulle landsburgers wil hê of is dit landsburgers wat hulle grondwetlike regte wil terug hê. Is dit die staat wat boelie en mense wat opstaan daarteen, of is dit die staat wat mense beskerm en mense wat dit teenstaan? Daar is die naratief van almal wat moet ingespuit word VS mense se regte wat vertrap word wat kies om nie gespuit te word nie. Die geskiedenis sal terugkyk na hierdie mal tyd en demokrasie sal nie gou weer dieselfde wees nie.

krodedil ·

Dit kom neer op BASICS, Die mense het die regerings aangestel en die regering moet doen wat die mense wil hê, nie anders om nie.

Papsak ·

HOOG TYD LAST ONS BEGIN OP STAAN TEEN AL HIERDIE GEMORS IN SA

Misky ·

Hulle sal huis toe gaan sodra julle in die publiek se belang begin optree en daad by die woord voeg.

Jana ·

Ek dink die EFF redeneer presies soos dit wanneer hulle optogte hou.

Hendrik Daniël ·

Familie van my in NZ beleef die protes as vreedsaam. Meeste Nieu-Seelanders sal normale verkeer in Kaapstad toeskryf aan versperrings. Ek het alle rede om te glo die beriggewing uit NZ is geensins objektief nie.

Robert ·

Die wat in bewind is is heeltemal daarna toe in staat om mense te huur om die suur te gegooi het. Hulle wil nie die mag verloor wat hierdie plandemie hulle gegee het nie.

melW ·

En nou word die destydse Springbok toer en die proteste in NZ ook weer ingetrek. Hoop werklik die situasie sal nou ń einde kry.

Althes ·

Geen land is gevrywaar van bose mense wie ander verongeluk nie. Elke land het sy eie unieke uitdagings.

Vonkprop ·

Vervang die water in die waterkanon met die entstof en spuit hulle daarmee. Hulle sal vinnig hardloop.

Genis ·

Mense is siek en sat van die foefie… Dis n klug spul, om mense te beheer… Hulle is almal so deursigtig

Autobahn ·

Klink soos ‘n “false flag” aksie om die protes te diskrediteer.

Robert ·

Dit gebeur oral, kyk hoe het die poliesie die mense van Kanada getart om geweld te pleeg.

Liesel ·

Wys maar net oral is daar lelike optogte nie net in SA nie

Robert ·

Hierdie is regverdige optogte teen tirranie van die staat.

Chris ·

Die suur is seker deur George Soros voorsien, sodat die plan kan vorm aanneem om die regering met meer magte te laat, en ons met minder regte!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.