Betogers raak slaags voor Trump-inhuldiging

trump-inhuldiging

Polisie druk betogers weg van die sypaadjie voor die Nasionale Persklub in Washington Donderdagaand by ‘n dansparty ter viering Donald Trump se inhuldiging as die nuwe Amerikaanse president. Foto: AP/John Minchillo.

Betogers en ondersteuners van die nuutverkose Amerikaanse president, Donald Trump, het Donderdagaand slaags geraak tydens ʼn geleentheid in Washington ter viering van sy inhuldiging.

Die polisie het ingetree en betogers met ʼn chemiese sproei gespuit in ʼn poging om die groep uitmekaar te jaag nadat hulle ʼn man met ʼn pro-Trump-vlag met vullis bestook het en in die straat afgejaag het. Die betogers het voor die Nasionale Persklub in die stad bymekaargekom en mense uitgejou wat ʼn dansparty ter viering van die inhuldigingsgeleentheid bygewoon het.

Die polisie het veiligheidsmaatreëls in Washington DC opgeskerp te midde die verwagting dat meer as 60 verskillende groepe vandag vir of teen Trump se inhuldiging in die stad sal betoog. Die groep DisruptJ20 het op hulle webwerf aangevoer hulle beplan massa-optredes wat die inhuldigingseremonie en enige ander feesvieringe soos die parade en dansparty tot stilstand sal dwing, het die Washington Post berig. Nog ʼn groep, DCMJ, het gedreig om dagga aan betogers te versprei om hulle eis vir die wettiging van die dwelmmiddel in die distrik te beklemtoon.

Donald Trump het etlike ure voor sy amptelike inhuldiging as die 45ste Amerikaanse president vanmiddag sy verkiesingsbelofte om “Amerika weer groot te maak” herhaal. Hy het benadruk dat die sogenaamde vergete seuns en dogters van Amerika gehelp het om hom tot president te verkies en dat hy gestand sal doen aan sy beloftes om die Amerikaanse ekonomie te laat herleef terwyl hy ʼn einde aan verskeie liberale beleidstellings van die uitgaande Obama-administrasie sal maak. Trump het ʼn geleentheid Donderdagaand by die Lincoln Memorial saam met sy vrou, Melania, bygewoon.

Bekende akteurs soos Robert de Niro, Sally Field en Mark Ruffalo het saam met honderde betogers buite Trump se internasionale hotel in Manhattan in New York City bymekaargekom. Die betogers het beloof om hulle beleidstellings rondom gesondheidsorg, die omgewing en ander kwessies in die Trump-administrasie op te volg. Die burgemeesters van Minneapolis en New York het ook die betogings bygewoon. Sowat 70 demokrate het ook reeds aangedui dat hulle die inhuldiging sal boikot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

zahn ·

Nou toe nou, betogings in amerika. Dit nogal teen hul president. Hoe lyk sit SA, gaan ons iets leer by die Amerikaners?

Melt Olckers ·

Die VSA kan by ons leer. Reeds laasjaar het die EFF Pretoria totaal beset in ‘n optog teen Zuma oor sy verhouding met die Guptas.

Skollie ·

Ja ons gaan leer dat die betogers daar net so common is soos die betogers hier.

Oudste ·

Ek stem saam Skollie, kommingeit het geen geografiese of kontinentale grense nie.

anton ·

Anders as hier, gaan die betogers daar beslis vasgevat word as hulle hande gaan uitruk.
Daar is nog wette en reels en polisie wat iets betekin en hulle werk doen waarvoor hulle aangestel is!!!

Alida ·

Hulle gaan nie in die USA maklik daarvan afkom nie. Dit is ‘n 1ste wereld land.

Jan ·

Dit gaan my verstand toetentaal tebowe, vir vandat dit bekend geraak det dat Trump gewen het, nou betoog die verloorders, maar toe hulle aan die wenkant was het die anderkant nie tekere gegaan nie. Watter lot swak, nie nie swak nie, slegte verloorders. ‘n Uiterse patetiese klomp.

Rob ·

Dis nou maar ‘n feit dat die liberaliste die mees onverdraagsame mense is.
Om Dinesh Da Souza aan te haal – “The paradox of liberal tolerance is that it extends to Marxists, transsexual and Islam radicals, BUT never to Christians and conservatives.

Alida ·

Die Amerikaners sal nie bollie opeet soos ons nie. Ons kan by hulle gaan leer hoe om wet en orde te handhaaf.

Hennie ·

Onbegryplik dat ‘n verkiesings proses wat demokratiese verloop, soveel ongelukkigheid bring. Dis sekerlik ‘n klomp sonder verstand wat betoog, dieselfde eienskap sien ons onder betogers hier in Suid Afrika.

JC ·

Ek hou hiervan!! Die “Demokrate”, liberales oor die algemeen, die Hollywood libtards, en die “establishment” is besig om hulself diep te begrawe! Sal hulle ooit hiervan herstel? (die skade wat hul hulself aandoen) NIE IN ‘N LAAAAANK tyd nie. Die Republikeinde gaan nog vir lank regeer.
Baie dankie!!!!

GES ·

Rob jy raak ‘n belangrike waarheid aan. Dit is duidelik dat dit ‘n stryd is tussen die lig en die duisternis.

Pro Trump ·

Ja shame ek moes lag toe hulle van al die geleerdes en celebs praat wat aan die anti-Trump veldtog deelneem. AS jy na meeste celebs se lewens kyk, getuig dit ook nou nie van die beste morele waardes en mense wat vroueregte beskerm nie. Baie celebs timmer maar hulle vrouens/girlfriends . .. en hulle skei en trou en skei en trou weer, en vry sommer so in die bondel, so asb as jy met klippe gooi sorg dat jyself nie in ‘n glashuis bly nie.

Waarheid ·

PT stem saam min wetende … Hul sal agterna eers besef hoe vinnig kan jou reputasie deur jou eie optrede, woorde ens. jou hele loopbaan en naam kan vernietig..bv. M.Streep gedoen het…shame:(

Adoons ·

Ai, dat die Demokrate nou vir ons so mooi kom wys hoe pas hulle demokrasie toe!

jaco ·

laat dit n les wees vir ons: in amerika betoog beskaafde mense, maar die nuwe president gaan voort. daars geen militere staatsgreep en moorde op sy ondersteuners soos n Afrika nie. Ek sidder vir die dag wat die DA n algemene verkiesing in SA wen: daar sal totale anargie losbars en die ANC sal met die weermag oorvat. Dis ons wat nie die ANC steun nie, se taak om aan te hou kla oor hoe useless hulle is, asook om alternatiewe te bied en hulle te help waar ons kan. Een van hulle leuses is tog together we can do more.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.