Betogings bring Ottawa tot stilstand

Honderde vragmotors het die afgelope naweek in die middestad van Ottawa, die Kanadese hoofstad, saamgedrom (Foto: Alex Kent, AFP)

Honderde vragmotors het die afgelope naweek in die middestad van Ottawa, die Kanadese hoofstad, saamgedrom om te betoog teen die verpligte Covid-19-inentings en inperkingsbevele vir diegene wat nog nie ingeënt is nie.

Inwoners is in hul huise vasgekeer, sakeondernemings is tot stilstand gebring en verkeer is ontwrig. Van die vragmotors het ook die grenshoofweg na die VSA versper.

Die betogers, waarvan baie self ingeënt is, het gedreig om die stad Maandag ook te ontwrig. Die owerhede het verklaar dat die stadsaal gesluit sal bly en dat verkeer en sakeondernemings moontlik verder ontwrig sal word.

Die protes het verlede week in die weste van Kanada begin, waar dosyne vragmotorbestuurders ʼn konvooi georganiseer het om van Vancouver na Ottawa te ry om teen Covid-19-verwante beperkings en verpligte inentings te betoog. Een van die vereistes van die beperkings is dat vragmotorbestuurders wat tussen Kanada en die VSA reis, ingeënt moet wees.

Inwoners is in hul huise vasgekeer, sakeondernings is tot stilstand gebring en verkeer is ontwrig weens die betogings (Foto: Alex Kent, AFP)

In Ottawa het die ontering van die nasionale oorlogsgedenkteken en teistering van sommige stadsamptenare ʼn woedende reaksie onder inwoners ontlok. Volgens Wayne Eyre, hoof van die land se verdediging, het die betogers op die graf van die onbekende soldaat gedans.

“Die betrokkenes moet hul koppe in skaamte laat sak. Hulle het geen respek nie,” het Eyre gesê.

Padversperrings is Sondag aangebring om voertuie toegang tot die gebied rondom die oorlogsgedenkteken te belet. Dit volg nadat verskeie onwettig geparkeerde voertuie reeds weggesleep is.

ʼn Organisasie wat die saak van haweloses bepleit, Shepherds of Good Hope, het gesê sy werkers is deur betogers geteister. Volgens dié organisasie was die werkers genoop om gratis maaltye aan sommige betogers te gee in ’n poging om spanning te ontlont.

Premier Justin Trudeau en sy gesin is Saterdag na ’n plek van veiligheid verskuif.

Jim Watson, burgemeester van Ottawa, sê hy is ontsteld oor die “dreigende” gedrag van sommige betogers, veral teenoor die media.

“Beëindig die boelie-taktiek en betoon respek teenoor mede-Kanadese,” het hy op Twitter geskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

louis ·

Dit is malligheid van die kanadese premier, jg kan nie n persoon soveel mag gee nie en nou huil hy oor die betoging, wdt het hy verwag?

Nie Verbaas ·

En toe kom hy agter hy besit nie die diktatorskap mag wat hy gedink het hy het nie. Hulle spel is besig om uitmekaar te val.

domheks ·

wonder wanneer gaan Rama ons probeer verplig? Is hy te bangbroek?

Marilize ·

Justin Trudeau moet gaan – die man is totaal en al van sy sinne beroof. My volle steun is agter die 1000de Betogers en Truckers

nikkel ·

Daar was ‘n tyd wat ek geglo het die verpligte inentings kan help.
Die derde golf het familie en vriende se lewens geneem.
Met omicron lyk dit egter of die virus homself gaan uitwoed en degenereer tot iets waarmeë ons kan saamleef.
Soos wat omstandighede verander en inligting verbeter behoort maatreëls aangepas en verslap word en uitgefaseer word.
Hieby die huis het almal Covid gehad, behalwe ek.
Ek het nog steeds die eerste twee inspuitings gehad. Die rede was nie om ander nie te benadeel nie, maar ‘n poging om hospitalisasie te vermy of te minimaliseer.
Ek oorweeg om nie vir verdere inentings te gaan nie.
Die enigste ding wat mens moet besef is dat Covid nie almal ernstig siek maak nie.
Jy kan egter nie vooraf weet hoe hard dit jou kan tref nie.
So die keuse is joune.

Elméne ·

Dit maak my rooi sien!!!! Gaan kyk liewer na Freedom Convoy 2022 en sien die WERKLIKHEID!!! Die “Truckers” wat hierdie begin het, het nog nie een maal moeilikheid gemaak nie, daar is egter moeilikheid makers “geplant”. Ipv om alles – soos in ons land gebeur wanneer daar betogings is – af te breek en te verwoes, het hierdie mense die wereld “wakker geskud” en soek hulle net vir elkeen op hierdie planeet, sy / haar / ons vryheid terug.

Christine ·

Presies. Dis daardie kommunistiese denkwyse wat deesdae in Kanada en Australië sy kop uitsteek. Die plant van moeilikheidmakers is deel van hul strategie. Dit gebeur deesdae in die VSA ook.

Pofadder ·

Trudeau lei nou aan ‘n gevaarlike nuwe variant – COWARD-19.

KB ·

Daar is ʼn paar muise soos Trudeau…wat deur die kat opgevreet gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.