Betogings in Kanada hardhandig beëindig

Die polisie het die betogers verdryf. (Foto: Alex Kent/Getty images/AFP)

Die polisie in Kanada het die betogings teen allerlei Covid-19-regulasies in die land se hoofstad, Ottawa, tot ʼn einde gebring nadat ʼn konvooi vragmotors, kampeerwaens en dié se bestuurders byna ʼn maand lank die stad onder beleg gehad het.

Intussen staar ʼn regsgeding van ʼn burgerlike vryheidsgroep die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, in die gesig en het sy politieke gewildheid moontlik afgeneem oor die besluit om die selde gebruikte krygswet in te stel om die onwettige betogings hok te slaan.

Hoewel die meeste betogers die afgelope naweek voor die parlement verdryf is, het ʼn handjievol harde koejawels aanvanklik oorgebly. Dié het egter ook later besluit om handdoek in te gooi.

Talle mense het verlede maand teen verpligte Covid-19-inentings begin betoog, maar later geëis dat alle Covid-19-verwante beperkings in die land opgehef word.

Die weke lange betoging het tot breekpunt gegroei, wêreldwyd versprei en eindelik daartoe gelei dat die Kanadese regering genoop was om ʼn staat van beleg aan te kondig.

Die polisie het egter Saterdag die meeste van die betogers verjaag en Sondag begin om van die vragmotors wat die strate versper, weg te sleep.

“Baie van die onwettige betogers is weg,” het Steve Bell, Ottawa se tussentydse polisiehoof, gesê.

“Ons is egter steeds op ons hoede en beamptes is op die uitkyk om seker te maak dat niemand terugkeer om weer ons strate te beset nie.”

ʼn Groep betogers het Saterdagaand tot laat gebly en protesliedere gesing terwyl hulle vuurwerke buite die veiligheidsheining wat buite die parlementêre terrein opgerig is, afgevuur het.

Nog ʼn groep is Sondag weer na die betogingsterrein toe, maar het eindelik moed opgegee.

Die polisie was reeds vroeg Sondag besig om kontrolepunte te beman om toegang tot sowat 200 ha van die middestad te beperk. Slegs plaaslike inwoners en werkers mag nou hierdie terrein betree.

Volgens Bell is vier mense in hegtenis geneem sedert die polisie die stad teruggeneem het en altesaam 79 voertuie is uit die middestad gesleep.

Intussen is die laaste tente, kosstalletjies en ander tydelike strukture wat deur die betogers opgerig is, afgehaal. Die sneeu in die strate word ook skoongemaak ter voorbereiding vir plaaslike sakeondernemings om te heropen.

“Mense het die reg om te betoog, maar aan die einde van die dag, wanneer jy jou punt gemaak het, gaan jy huis toe,” het Dave Chapin, ʼn inwoner van Ottawa wat vir die eerste keer in weke die strate betree, gesê.

“Hierdie ouens het net gebly, hul toeters gedruk, plaaslike inwoners geïntimideer en ons lewe ontwrig.”

Betogers wat aan die optog deelgeneem het, sê egter hulle sal aanhou om hulle vir hul saak te beywer.

“Die betoging sal vir ewig in my hart voortduur,” het Nicole Craig Saterdag op pad huis toe gesê.

Hoewel verskeie Covid-19-verwante regulasies die afgelope tyd in Kanada verslap is, het betogers steeds daarop aangedring dat alle beperkings opgehef word.

Afval in NS rondgeslinger

Betogers kamp naby die parlementsgebou. (Foto: Marty Melville/AFP)

Gemoedere loop weer hoog in Nieu-Seeland, nadat die polisie wou verhoed dat die betoging voor die parlementsgebou in Wellington verder uitbrei en met ʼn aardige weerstandstegniek begroet is.

Die polisie beweer die betogers het hulle met menslike afval gegooi. Talle betogers kampeer nou al weke lank op ʼn terrein voor die parlementsgebou in Wellington in protes teen Covid-19-verwante regulasies.

Die polisie het menigmaal die betogers gevra om hul ry te kry, maar nadat die twee groepe erg koppe gestamp het, het owerhede onderneem om ʼn vreedsame benadering in die hantering van die betogers te volg.

Altesaam 300 polisielede is egter Maandag na die hoofstad ontplooi nadat honderde voertuie oor die naweek strate toegestop het om by die kampeerders aan te sluit.

Terwyl owerhede die vurkhysers begelei het wat betonversperrings op sleutelpaaie moes plaas, het chaos uitgebreek.

“ʼn Groot aantal betogers was hiertydens teenwoordig en agt mense is in hegtenis geneem,” het die polisie gesê.

“Sewe beamptes het tydens die bedrywighede beserings opgedoen wat wissel van geringe krapmerke tot ʼn enkelbesering.

“Betogers het egter ook sommige beamptes met menslike afval gegooi.”

Volgens die polisie sal die skuldiges hiervoor verantwoording doen.

“Die betogers het hul punt gemaak, so dit is tyd dat hulle uit Wellington vertrek,” het Nieu-Seeland se premier, Jacinda Ardern, gesê.

Sy meen dat die regering slegs alle Covid-19-verwante regulasies sal hersien wanneer die huidige uitbreking van die Omikron-variant sy piek bereik het en beslis nie in reaksie op of weens druk van die betogers nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

MakersMark ·

Regerings is moeg vir die tipe gedrag. Gesê dit gaan gebeur. Hopelik sal die obsessie met “vryheid” nou einde kry.

Oros Soros ·

Jy is ‘n vraag gevra, doen die regte ding en beantwoord die vraag, of bly jy in ‘n eggo-kamer?

Marius ·

As jy jou vryheid wil opoffer doen dit, maar moenie van ander verwag om jou te volg nie.

MakersMark ·

Ek weet presies. Vry van AVr suspisies en diepliggende vrese aangevuur deur feitlose teorieë.

marius ·

Dis net die begin . Duidelik besef die pierewaaier nie wie sy leefstyl befonds nie .

Robert ·

Almal wat covid maatreels toegepas het moet val en teregstaan op skending van mensesergte.

Yolandie ·

LeStem saam met jou Grotti. Trudeau van Kanada, Ardern van New Zeeland en Scott Morrison van Australie. Hulle gaan boet vir wat hulle aan hulle land se burgers gedoen het.

Marius ·

Twee van die swakste leiers ter wêreld, buiten ons eie wat heel bo aan die lys is, en hul gaan spoedig tot ‘n val kom.

Treurwilger ·

Vir BLM wat breek en brand, buig Westerse ‘leiers’ die knie, maar konserwatiewe burgers wat bloot ‘n eerlike lewe probeer maak, word as terroriste uitgekryt.
Iets soos die Franse Rewolusie van 1789 blyk nou weer nodig, want só kan dit nie aangaan nie.
Politici vergeet dat hul blote werknemers van die burgerry is.

Yolandie ·

Lyk my Maroela Media hou ook daarvan om die feite te verdraai vir sensasie. In die 1ste plek het enige land se burgers die reg tot betoging, mits dit ‘n vreedsame protes aksie is. 2) Die media reg oor die wereld heen het hierdie protes aksie probeer skilder as geweldadig terwyl dit geensins was nie. Maar julle hou daarvan om die feite te verdraai sodat Justin Trudeau darem nie soos ‘n algehele diktator lyk nie. Nie ‘n premier van ‘n land se gat werd as jy nie eers om ‘n tafel wil gaan sit en na die vragmotor bestuurders wil luister nie. Dit is tog die burgers van jou eie land. Nee jy wil eerder die mense van jou eie land wat jy nie mee saam stem nie soos kriminele behandel omdat hulle die reg op vrye keuse wil uitoefen. Trudeau het hier bewys watter tiran hy werklik is en die hele wereld het daarvan kennis geneem. Dis nog nie die einde van die verhaal nie. 3) Geen regering het die reg om die vryhede van sy burgers weg te neem vir enige noemenswaardige rede nie!!!!!

Mieke ·

Die burgers stem vit demokrasie, maar dié in bewind behandel die burgers soos kriminele en maak presies soos húlle wil!! Waarvoor stem mens nou eintlik?

Faraway ·

Ek is nie n anti-vac nie want ek het as kind al my inspuitings gehad en tot hede nie n enkele kindersiekte gekry waarteen ek ingeent was nie, eks wel nie ingespuit met die “middel” nie.
My stelling is doodeenvoudig : Die manier hoe dit ontstaan het en die plek asook die onthullings daarna maak my onrustig oor hoekom “hulle” ons dwing . . . en al die skielike wetgewings daarna.
Ek’s meer as bereid om my masker vir altyd te dra!

Dirk Mostert ·

Ek dra die masker net as dit absoluut moet, soos as daar ‘n polisie-van verbykom. Die vesels in die blou maskers beland in jou longe. Weet jy wat gebeur met mense wat lank in asbes-myne gewerk het?

Vrijburger ·

Al hierdie kon vermy gewees as Trudeau met die betogers ontmoet het aan die begin, soos hulle versoek het. (Soos wat hy met die BLM betoging verlede jaar gedoen het.)
Maar nee, hy weier en gaan volle diktator en kondig kryswet af teen vreedsame burgers (geen geweld) wat hul reg tot protes gebruik.
Die minimum standaarde om krygswet af te kondig is nie aan voldoen nie, en die federale hofsaak wat die Canadian Civil Liberties Association teen Trydeau begin het gaan dit bewys.
En net so terloop – die meeste van die Kanadese goewerneurs het al of begin reeds die streng inperkings verslap. Sukses vir die “Freedom Convoy”.
Maar hul grootste sukses was om Trudeau to ontbloot vir wie en wat hy is!

Miskruier ·

“Why do the protected need to be protected from the unprotected by forcing the unprotected to use the protection that did not protect the protected in the first case? Imagine a vaccine so safe you have to be threatened to take it for a virus so dangerous you have to be tested to see whether you have it or not”

Sean ·

Mnr Trudeau Kyk maar na suid afrika Dis wat gebeur as jy betogers hul sin gee hier

Dirk Mostert ·

In Kanada is traangas en skokgranate teen die vreedsame betogers gebruik. Hul bankrekeninge is gevries. Daar is gedreig om hul troeteldiere te skut. Maar tydens plunderende BLM-betogings is anderpad gekyk. Waar was die noodtoestand toe? Hopelik is Tredoux se politieke loopbaan se dae getel.

MakersMark ·

BLM betogings was van koste duur. Die “freedom” betogings het baie langer geduur en die logistiek en ekonomie tussen VSA en Kanada bedreig. Die ou gesegde van nie wil hoor nie moet maar voel……

Christine ·

Baie goed dat hul vasgestaan het. Het jy gesien wat gaan in Kanada aan? Soldate met hul naamplastjies verwyder, met helmets op dat geen mens hulle kan herken nie, rand oumense aan, ry bo-oor vrouens met hul perde. Niemand weet waar hierdie nuwe soldate vandaan kom nie, van die kommunistiese UN of ingevoer direk van Kommunistiese China? Eknstaan bankvas agter diegene wat opstaan teen kommunisme wat ons wil beheer en tot besluite oor ons liggame wil oorneem, wat mense se bankrekeninge vries. Dis terrorisme teen die mensdom! Maak jou oë oop en laat staan jou banggatgeit!

Chris ·

“Daarom is die voorwaardes vir ‘n Oop Gesprek ‘n oop gemeenskap, oop denke, oop koppe en ‘n oop platform …” aanhaling van Flip Buys oor Maroela Media – hartseer dat die platform ‘n instrument van sensuur geword het om die oop gesprek, denke, en koppe te smoor. Dit is ‘n skande!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.