Betogings in Portland toe Biden ingesweer word

Die polisie in Portland gedurende ‘n Black Lives Matter-betoging in November 2020. (Foto: Kathryn ELSESSER / AFP)

“’n Kultuur van kriminaliteit” heers na bewering in Portland in die Amerikaanse deelstaat Oregon weens voortdurende onluste in dié stad.

In die mees onlangse voorval het talle betogers die dag van pres. Joe Biden se inhuldiging in Portland opgeruk en die kantore van die Demokratiese Party asook die federale immigrasiekantore gevandaliseer.

Stan Pulliam, burgemeester van die stad Sandy, sowat 43 km oos van Portland, het Maandag op Fox News se America’s Newsroom gesê Portland begin “soos ’n heel ander stad lyk”.

AFP berig die polisie het op 20 Januarie, enkele ure ná Biden se inhuldiging, traangas en skokgranate gebruik om betogers in Portland te verjaag. Minstens drie mense is die betrokke dag in Seattle in die Amerikaanse deelstaat Washington in hegtenis geneem nadat hulle vensters stukkend geslaan, graffiti op geboue geverf en ’n Amerikaanse vlag verbrand het.

Volgens Pulliam is die onluste ʼn poging om die polisie se hulpbronne uit te dun.

Die Republikeinse burgemeester vertel dat die onluste in Portland ’n vrees onder sake-eienaars ingeboesem het met sowat ’n derde wat dit selfs oorweeg om die stad oor die volgende twee jaar te verlaat.

“Dit begin regtig soos ’n ander stad lyk as die stad wat ons ken en liefhet.”

Pulliam vertel dat die stad verlede jaar gedurende die somer sowat 100 dae van geweld, waaronder betogings en plundering, beleef het toe Black Lives Matter-betogers oor polisiewreedheid en sistemiese rassisme betoog het.

“Dit lyk of daar geen einde is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Dis tragies. Die verdeeldheid in VSA begin nou sy tol eis. Wat het geword van die eens trotse Amerika?

Stof

‘n Kudde sal nooit self stem vir ‘n wolf nie. Maar as die wolf met allerlei wolfstreke die indruk skep dat die skape hom ingestem het, mag die skape sekerlik blêr?

Chris

Ek het in my lewe geleer dat daar ‘n paar goed is wat jy nooit in jou lewe doen nie. Jy vloek/vervloek niemand nie. Jy spreek nie ‘n oordeel oor iemand uit nie en jy verwens ook nie iemand nie. Die wiel draai, maar draai baie stadig. Ek self het al mense verwens om net later met die blinde sambok gepiets te word. Ek het al gesien dat mense ander se kinders beskinder, bv die tronkdeure staan oop vir daardie kind. Wat gebeur toe? Die persoon wat dit gesê het se kind tel later moeilikheid op. Elke land verdien die… Lees meer »

Pieter

Dit is wat gebeur as daar nie meer een fondasie in ‘n land is nie en as mense te veel tou het. Die een groep soek hulle regte, en die ander weer die teenoorgestelde regte… En niemand het die integriteit en ruggraat om die Regte ding te doen nie want wat is die Regte ding nou eintlik? Wie se geloof / oortuiging is beter? Daar sal verewig ‘n kompromie stel reels, wette of besluite wees wat probeer vir almal werk of vir die meerderheid, en ek dink dit is presies waar dinge verkeerd gaan. So sal dit met elke verkiesing… Lees meer »

marius

Hulke moet maar stik aan die dissels wat hulle self gesaai het .