Betogings in Portland toe Biden ingesweer word

Die polisie in Portland gedurende ‘n Black Lives Matter-betoging in November 2020. (Foto: Kathryn ELSESSER / AFP)

“’n Kultuur van kriminaliteit” heers na bewering in Portland in die Amerikaanse deelstaat Oregon weens voortdurende onluste in dié stad.

In die mees onlangse voorval het talle betogers die dag van pres. Joe Biden se inhuldiging in Portland opgeruk en die kantore van die Demokratiese Party asook die federale immigrasiekantore gevandaliseer.

Stan Pulliam, burgemeester van die stad Sandy, sowat 43 km oos van Portland, het Maandag op Fox News se America’s Newsroom gesê Portland begin “soos ’n heel ander stad lyk”.

AFP berig die polisie het op 20 Januarie, enkele ure ná Biden se inhuldiging, traangas en skokgranate gebruik om betogers in Portland te verjaag. Minstens drie mense is die betrokke dag in Seattle in die Amerikaanse deelstaat Washington in hegtenis geneem nadat hulle vensters stukkend geslaan, graffiti op geboue geverf en ’n Amerikaanse vlag verbrand het.

Volgens Pulliam is die onluste ʼn poging om die polisie se hulpbronne uit te dun.

Die Republikeinse burgemeester vertel dat die onluste in Portland ’n vrees onder sake-eienaars ingeboesem het met sowat ’n derde wat dit selfs oorweeg om die stad oor die volgende twee jaar te verlaat.

“Dit begin regtig soos ’n ander stad lyk as die stad wat ons ken en liefhet.”

Pulliam vertel dat die stad verlede jaar gedurende die somer sowat 100 dae van geweld, waaronder betogings en plundering, beleef het toe Black Lives Matter-betogers oor polisiewreedheid en sistemiese rassisme betoog het.

“Dit lyk of daar geen einde is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kokerboom ·

Dis tragies. Die verdeeldheid in VSA begin nou sy tol eis. Wat het geword van die eens trotse Amerika?

Werner ·

Die selfde as n eens trotse Suid Afrika n reenboog spul werk nie

Stof ·

‘n Kudde sal nooit self stem vir ‘n wolf nie. Maar as die wolf met allerlei wolfstreke die indruk skep dat die skape hom ingestem het, mag die skape sekerlik blêr?

Chris ·

Ek het in my lewe geleer dat daar ‘n paar goed is wat jy nooit in jou lewe doen nie. Jy vloek/vervloek niemand nie. Jy spreek nie ‘n oordeel oor iemand uit nie en jy verwens ook nie iemand nie. Die wiel draai, maar draai baie stadig. Ek self het al mense verwens om net later met die blinde sambok gepiets te word. Ek het al gesien dat mense ander se kinders beskinder, bv die tronkdeure staan oop vir daardie kind. Wat gebeur toe? Die persoon wat dit gesê het se kind tel later moeilikheid op.
Elke land verdien die regering vir wie hy stem. Die Amerikaners het te lank in hul eie waan en vooroordeel oor ander lande en volke hulself verhewe geag. Die “American Dream” het tot ‘n wrede einde einde gekom. Hul voortvarendheid en verwaandheidswaansin gaan tot ‘n einde kom. Ek beskou die situasie as buitestander en is glad nie verstom wat tans daar aan die gang is nie.

Rooikoos ·

Ek is wel verbaas. Die demokrate wou Biden gehad het, nou betoog daai einste demokrate?

Heinrich ·

Ek is nie verbaas nie Rooikoos. Trump sou hulle baie meer weerstand gebied het om hulle eie agenda uit te voer, nou kan hulle dit doen en net ‘demokrasie’ pleit.

Pieter ·

Dit is wat gebeur as daar nie meer een fondasie in ‘n land is nie en as mense te veel tou het. Die een groep soek hulle regte, en die ander weer die teenoorgestelde regte… En niemand het die integriteit en ruggraat om die Regte ding te doen nie want wat is die Regte ding nou eintlik? Wie se geloof / oortuiging is beter? Daar sal verewig ‘n kompromie stel reels, wette of besluite wees wat probeer vir almal werk of vir die meerderheid, en ek dink dit is presies waar dinge verkeerd gaan.
So sal dit met elke verkiesing gaan want die volgende ou sal net weer alles wat voorheen gedoen is weer wil verander om sy mense te bevoordeel… En so gaan niemand nerens…

marius ·

Hulke moet maar stik aan die dissels wat hulle self gesaai het .

Thom ·

Yip ___ trompie se gemors gaan baie lank vat om reg te kry .

Charles ·

Dit is maar die gevolg van n sameloop van faktore, nl. geen dissipline is meeste skole, ouers wat “vriende” grootmaak, nie kinders nie, mense regte wat die krimineel bevoordeel en die slagoffer faal, ” sovereign citizens” wat op hul eie planeet leef en nie die stelsel erken nie en dan n ruggraatlose president met sy kabinet wat al die faktore ondersteun in die naam van demokasie.

Anti-Verkramp ·

Hierdie dinge het dan plaasgevind onder trompie se bewind. Moes minder gholf gespeel het en meer aandag daaraan gewy het om rasse-verhoudings te verbeter.

Die Wolf ·

Daar kom dit nou deur. Die alewige R kaart wanneer die pap dik gemaak word . Ai tog.

Die Wolf ·

Hulle sal enigiets probeer om onmin te saai en dan vingers te wys.

Vrijburger ·

Welkom in Biden en die linkses se blou gedeelte van Amerika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.