Beverly Hills 90210-ster Luke Perry oorlede

Luke Perry (Augustus 2018) (Foto: Chris Pizzello/Invision/AP, File)

Die hartebreker Luke Perry, wat bekendheid verwerf het as Dylan McKay in die TV-reeks Beverly Hills 90210, is oorlede.

Perry is Maandagoggend by St Joseph’s Hospital in Burbank, Kalifornië in die VSA oorlede ná ʼn “massiewe beroerte”. Sy kinders Jack en Sophie, verloofde Wendy Madison Bauer, eksvrou Minnie Sharp, ma, stiefpa, broer, suster en ander naby familielede en vriende was by hom.

Perry (52) het ook die rol van Fred Andrews gespeel in die reeks Riverdale. Hy was in verskeie flieks en TV-reekse te sien.

Hy is verlede Woensdag in die hospitaal opgeneem ná ʼn beroerte by sy huis in Sherman Oaks.

Fox het onlangs aangekondig dat nog ses episodes van Beverly Hills 90210 uitgesaai sal word. Dit was nog nie duidelik of hy en sy medester Shannen Doherty ook in die nuwe reeks te sien sou wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Onnie ·

Hy was my 1ste crush! Ons groepie meisies op skool was soooooo mal oor hom, ons 1 vriendin het haar 1ste seun na hom vernoem. Wat n groot verlies.

My favourite ·

Beverley Hills NET gekyk vir hom. Ai man hy was darem maar sexy.
En so kom alles tot n einde….

Swapie ·

Sal hom altyd onthou vir sy (klein) rol in ” The Fifth Element”, een van my gunsteling flieks.

Ai. ·

Luke Perry se afstrewe is n harde realiteit dat ons as mens nie verewig lewe nie..
So jammer dat daar soveel tyd gemors word in die lewende dae om mekaar te haat in Suid Afrika. Lewe gaan vinnig verby….
My innige simpatie aan Luke se Familie en vriende..

Elize ·

Nooit gedink ek sal ook in daardie tyds fase instap nie, en hier is ons nou op 54 en ek kyk om my en ek sien hoe mense sterf om my heen. Ek kan nie dan dankie se dat ek nog gespaar is om ‘n paar dinge in my lewe te beleef. Ek het altyd gedink 50 is oud, nou dink ek 70 is oud maar as ek na my ouers van 72 en 74 kyk dan lyk dit ook nie so oud nie. Ongelukkig is niks vir ewig nie en is ons almal se lewensdraadjie maar baie kort. In vandag se lewe is jou lewensverwagting maar 35+, alles daarna is net ‘n blote genade.

Nettie ·

@Elize, so dan is ek glad nie verkeerd as ek sê dat ek – op 48 – op geleende tyd leef nie. Trouens, ek is van mening dat mens nie ouer as so 50 – 60 moet word nie. Vir wat? Daar is ‘n HELE NUWE generasie wat wag om jou plek in te neem. En dan is daar mense, soos my ma, wat op 76 wraggies nog kans sien vir ‘n knie-vervanging en chemoterapie. Nee man, die natuur bedoel nie vir ons om jaar-na-jaar-na-jaar te bly leef tot ons 141 jaar oud is nie. In die natuur word goed/dinge gebore, leef hulle, plant hulle voort …. en gaan hulle dan dood. Dis net mense wat die onafwendbare bly uitstel.

Marianne ·

OH NO!!!!
What an absolute TRAGIDY- I really liked him and his way of acting. What a beautiful soul taken far too soon.

Lizl ·

Ai, en skielik onthou ek hoeveel jaar terug was ek op skool… Beverly Hills was DIE storie om te kyk! Tyd is niks en die mens tog so verganklik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.