Bevindinge van Mueller-verslag gou bekend

Foto: AP Photo/Andrew Harnik

Die spesiale ondersoeker Robert Mueller se verslag oor ʼn 22 maande lange ondersoek na die Russiese regering se pogings om in die 2016 Amerikaanse presidensiële verkiesing in te meng, beveel geen verdere aanklagte aan nie.

William Barr, die VSA se prokureur-generaal, kan intussen so gou as Saterdagmiddag die hoofbevindinge van die verslag bekend maak. Barr moet dan sy eie verslag skryf rakende Mueller se bevindinge en dit aan die Amerikaanse kongres stuur.

Dit is in dié stadium nie duidelik nie of Mueller se verslag antwoorde gee op vrae of Trump se veldtog met die Kremlin saamgesweer het om die verkiesing te beïnvloed en of Trump later stappe gedoen het om die ondersoek te dwarsboom.

Die indien van die verslag beteken wel dat die ondersoek afgehandel is sonder enige openbare aanklagte van kriminele sameswering tussen Trump se veldtog en Rusland of dwarsboming deur die president.

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Mueller het tydens sy ondersoek altesaam 34 mense, insluitend die president se voormalige veldtogvoorsitter, Paul Manafort, en sy eerste nasionale veiligheidsraadgewer, Michael Flynn, aangekla.

Die Demokrate het intussen geëis dat Mueller se volle verslag bekend gemaak sowel as enige bewysstukke wat tydens die ondersoek bekom is.

Dit is in dié stadium nog nie duidelik nie of Trump eers na Mueller se bevindinge sal mag kyk hoewel Trump se regsverteenwoordiger so versoek gerig het. Barr het gesê hy wil soveel as moontlik van die verslag openbaar maak.

Trump het sedert die ondersoek in Mei 2017 van stapel gestuur is, dit as ʼn “heksejag” bestempel en volgehou daar was geen sameswering met Rusland nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

John ·

CNN se volgehoue heksejag weens die gruwelike stasie se ondersteuning van die sosialistiese Demokrate se woede oor Hillary se nederlaag teen Trump, het tot hierdie nagmerrie aanleiding gegee, gesteun deur Soros se stryd om die wèreld letterlik van sy ruimtebaan te probeer lig. Mueller het bloedbande met destydse Nazi-leiers wat Rusland vir ewig sal haat weens sy ondergang. Duitsland oorheers die EU se dooierige dom ja-kikvorskoor… So wat sè dit. Rusland wil teruggekry word via Trump en die Ukraine se slinkse leier met sy voet op die drumpel van Putin se huis. CNN het vandag reeds vir Trump as ‘n has been beskryf…. met vooortydige insae in die bloeddorstige Mueller-verslag?
Wat ‘n donker nag wag op ons!

Ronnie ·

Jy gebruik soms woorde en uitdrukkings wat ek nie ken nie. Miskien is dit streek taal of meer Nederlands? Wat beteken “Kim, wat vreemd gedope voorkom?” Is dit ‘n uitdrukking van waar?
En “ja-kikvorskoor”. Ek sal graag wil weet wat dit beteken.

Sê maar net ·

Ek neem aan ou Bob Meuller en sy “gang of eight” (demokratic laywers) gaan nou deur die liberalis verguis en op die ashoop gegooi word. Terloops, in die VSA volg hulle die sg. “Due process”, so die bevindings kan nie openbaar gemaak word sonder dat diegene wat geïmpliseer word eers kans gegee word om ul reg om te reageer uit te oefen

Annie Webb ·

Verstommend dat die helfte van die VSA, in navolging van die Dems en die linkse media, so totaal sinneloos kan optree. Trump het nog nooit die jop nodig gehad nie, hoekom sal hy met Rusland saamsweer om dit te kry? Vir my lyk die histerie in die Obama-administrasie, FBI en dept. Justisie toe Trump wen, na die geskarrel van mense wat erge korrupsie probeer toesmeer. Waarvan daar dan ook ál meer na vore kom soos diegene wat dit toegesmeer het, afgedank word. Maar as mens wil weet waar die korrupsie régtig lê, moet jy konserwatiewe nuusbronne bestudeer. Die linkse hoofstroommedia is nou nie eens meer naastenby betroubaar nie. Mueller gee die Dems nie wat hulle gehoop het nie, dus hol hulle nou soos verskrikte hoenders ‘n ander koers in. Terloops, Sê Maar Net, dis Mueller en sy “thirteen angry Democrats” vir 22 maande; Amerikaanse belastingbetalers ‘n fortuin gekos. Om Trump sonder enige bewyse te jag soos ‘n mafiabaas met bewese misdade op sy kerfstok.

Ronnie ·

Ek kyk nogal “konserwatiewe” nuus bronne. Dit wil voorkom asof Trump Fox News nou in die kategorie “Fake News” plaas. Hy is regtig vies vir Shep en Chris. Nou het die aanbieder op Fox Business, Maria Bartiromo hom in ‘n hoek gedryf oor sy geveg met ‘n afgestorwe Amerikaanse held. Hy het dit haar en die media se skuld verklaar dat hy so aangegaan het oor McCain en bygevoeg sy is of verteenwoordig “Fake News.”
My driejarige reageer op soortgelyke wyse. As sy gekrenk voel kap sy terug met: “jy is stout en lelik!”

Annie Webb ·

Ronnie, Fox NEWS probeer ten alle koste onbevooroordeeld wees en die nuus feitelik aanbied. Daarom het hulle geruime tyd al verreweg die grootste kykertal. Die mense wat MENINGS op Fox aanbied, ondersteun soms vir Trump (Hannity, Ingraham, Pirro, en ‘n paar groepaanbieders). Ander, soos Shep en Chris, is anti-Trump. Selfs Tucker Carlson is allermins pro-Trump. Soos jy seker weet, ondersteun lank nie alle Republikeine of konserwatiewes vir Trump nie. Sy beleid(e) druis in sommige opsigte net so sterk in teen die Republikeinse as Demokratiese “establishment”, oftewel “swamp”, wat hoofsaaklik om eiebelang woeker. Trump het méér as genoeg rede om onder McCain in te klim, wat die geveg begin het en Trump voortdurend teengestaan het. McCain is die toppunt van ‘n moeras-RINO en verdien nie ‘n stralekrans net oor hy dood is nie. Ek het enorme respek vir Trump. Wat hy reeds vir sy land en die gewone werkende mense in sy land gedoen het, is ongelooflik. Voeg daarby die konstante vervolging en verguising wat hy van sy teenstanders moet verduur, om nie te praat van Mueller se heksejag nie, en die man begin lyk soos daardie ou gesegde “hy’s nie van hier nie, hy’s gestuur”. Ek is aan die kant van kapitalisme en Westerse waardes in die huidige wêreldwye aanslag van sosialisme uit die Derde Wêreld, aangestig deur ideoloë, en sonder Trump was dié geveg reeds oor.

Koentji ·

Die globale liberale elite soek julle pensioen, julle spaargeld, julle als.

Ronnie ·

Trump se kriminele loopbaan het in sy twintigs begin en dit kom alles nou op die lappe. Dis wat hom gaan sink. Hy het sy kinders opgevoed om in sy voetspore te volg en dit gaan hulle nou duur te staan kom.
34 Mense volgens die berig is aangekla. Van hulle is Russe en van hulle was deel van Trump se binnekring. Hy het ‘n splinternuwe “swamp” gevestig. Van sy kabinetslede is reeds by die agterdeur uit agv skandalige gedrag en van hulle staar kriminele klagte in die gesig. Soveel vir “I know the best people.” Hy vind dit nodig om sover moontlik op hoëvlak net waarnemende aanstellings te maak sodat hy op sy unieke glibberige manier vinnig ‘n skuif kan maak om sy posisie te versterk as dit moet. Dit gaan nie om die welstand van sy landgenote of oor die goeie bestuur van landsake of oor die beveiliging van Amerika nie – dit gaan oor Donald Trump.
Ek wonder wat dink sy “hardcore” ondersteuners as hy tevelde trek teen ‘n lyk? Wat maak hulle daarvan dat hy ontsteld is dat McCain hom nie vir sy begrafnis bedank het nie. Kom hulle agter hy verstaan nie “Memorandum of Understanding nie? Hy het geen idee waaroor NAVO gaan nie en weet hy waar Brasilië is? Dit lyk nie so nie.
Sy “trade wars” ontplof in sy gesig. Die Amerikaners betaal die tariewe wat gehef word en hulle begin agterkom hy is “clueless.”
Die einde van Trump is in sig.

Annie Webb ·

Ronnie, vergewe my, maar jy praat absolute nonsens. As Mueller se span uitgesproke anti-Trumpers ná 22 maande niemand verder gaan aankla nie, beteken dit daar was geen BEWESE samewerking tussen enigiemand rondom Trump en die Russe nie; en Trump se afdanking van Comey was NIE “obstruction og justice” nie. Die mense wat wel aangekla is, is almal aangekla vir “process crimes” IN HULLE VERLEDE lank voordat hulle enigiets met Trump te doen gehad het, soos belastingontduiking.

Spikkels ·

RONNIE bly jy in Amerika? Jy seker n Dem ondersteuner en ‘n liberaal. Ek is ‘n Donald Trump Ondersteuner en hy doen meer goed as sleg vir Amerika se mense

dirk ·

Ronnie, is jy alright, Dit is die beste president ooit in Amerika. Die rekords lieg nie. Wat hy sy volgelinge belowe het, dit doen hy. Kyk jy ooit die nuus van Amerika?

marous ·

Die liberaliste se borrels waarin hulle lewe begin wereldwyd een vir een te bars en hulle gly gly van die mure af soos slym

Gerhard ·

Teen die tyd het dit aan die lig gekom dat daar geen konkeling tussen Trump en Rusland was nie en die hele episode ‘n politieke heksejag was. Die malkoppies verloor weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.