Beweerde 9/11-meesterbrein weer in hof

Een van die howe by die Amerikaanse vlootbasis in Guantanamobaai, Kuba. (Foto: Pool/AFP)

Die verhoor van die beweerde meesterbrein agter die 9/11-terreuraanvalle en vier ander verdagtes sal na verwagting Dinsdag hervat word, nadat dit weens die Covid-19-pandemie uitgestel is. Die verhoor is ook vertraag omdat die Amerikaanse regering glo weier om geheime dokumente oor hul destydse ondersoek bekend te maak.

Die verrigtinge word etlike dae voor die 20ste herdenking van die aanvalle voortgesit.

Khalid Sheikh Mohammed en sy medebeskuldigdes, wat bykans 15 jaar lank in die War on Terror-gevangenis by die Amerikaanse vlootbasis in Guantanamobaai, Kuba, opgesluit is, sal vir die eerste keer sedert 2019 voor die militêre tribunaal verskyn.

Die verdediging sal na verwagting voortgaan om die meeste van die Amerikaanse regering se getuienis te laat diskwalifiseer, aangesien hulle beweer dat die staat se bewyse met behulp van martelingstaktieke bekom is.

Mohammed, Ammar al-Baluchi, Walid bin Attash, Ramzi bin al-Shibh en Mustafa al-Hawsawi se regspan beweer dat die groep onder die blywende gevolge van martelinge ly, wat na bewering tussen 2002 en 2006 deur die CIA uitgevoer is.

Die verdagtes is ook in 2007 deur die FBI ondervra en was glo bang dat die marteling weer voortgesit sal word indien hulle nie saamwerk nie.

Die verdediging se saak steun op talle geheime dokumente, wat die regering glo weier om te oorhandig. Die dokumente bevat na bewering inligting oor die martelingsprogram, toestande in Guantanamo en die verdagtes se gesondheidsevaluering.

Eise om dié dokumente beskikbaar te stel, het egter die verhoor vertraag.

Familielede van die 2 977 mense wat die verdagtes glo twee dekades gelede in en om die Wêreldhandelsentrum en die Pentagon vermoor het, asook verskeie verslaggewers sal tydens die verrigtinge teenwoordig wees.

Die vyf mans staan tereg op aanklagte van moord en terreur en kan moontlik deur die doodstraf in die gesig gestaar word.

Die voorverhoor alleen kan dalk vir nog ʼn jaar voortduur voordat daar tot ʼn beslissing gekom word.

Intussen het pres. Joe Biden gesê dat ander geheime dokumente oor die moontlike verbintenis tussen die regering van Saoedi-Arabië en die kapers wat teen die twee geboue vasgevlieg het, in die volgende ses maande openbaar gemaak sal word.

Die vraag na omvattende inligting oor die aanvalle word aangevoor deur families wat Saoedi-Arabië dagvaar vir sy vermeende aandeel in die aanval. Die families gee al jare lank hul frustrasie te kenne oor die groot getal dokumente waartoe hulle nie toegang mag kry nie.

Biden het in sy uitvoerende bevel gesê dit is belangrik dat die VSA deursigtig is, tensy hy weens die sterkste redes denkbaar daarteen afgeraai word.

(Foto: Pool/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Keith ·

Biden se’ dit is belangrik dat die VSA deursigtig is. That’s a joke… surely. He knows, as does everbody who was anybody back in 2001, that 9/11 was an “inside job” perpetrated by Bush and his criminal administration. Using 9/11 as the excuse for his “war on terror” he put 3 armies together (America, Australia and the U.K. ) in ONLY 26 days and “invaded” Afghanistan. How do you get 3 armies “together” in only 26 days and invade a far away country ? You don’t. You plan it for MONTHS in advance.

Leon ·

Nee, ek dink jy praat twak. Jy maak aannames wat jy nie kan bewys nie. Miskien kyk jy te veel “conspiracies”

Lourens ·

Die afduimpies is so gebreinspoel.. wat van gebou 7 julle afduimpies? Nog n vraag? Wat is julle bronne? Ek vermoed Slegs die media

Hardekwas ·

Die wokeness regeer nou die vsa, asook n groot deel van die westerse wêreld. Ons sal moet wakker slaap teen dié nuwe gevaar. Dis erger as covid.

Niklaas ·

20 Jaar na die 9/11 aanvalle. Ongelooflik. En èk het gedog SA is vrek stadig en ver agter met vervolgings en aanvang van hofsake.

DIABLO ·

Daar is n dokumentere fliek oor Amerika se beleid in die weermag van :”Don’t ask, don’t tell”. Dit het jare terug uitgekom dat die weermag die intellegensie gehad het oor die aanval, lank voor die aanval uitgevoer is. Die rede waarom hulle nie die intellegensie kon gebruik nie, was omdat hulle nie mense gehad het wat Arabies kon vertaal nie. Gay mense het n oneervolle ontslag gekry en baie van hierdie mense het gewerk in die eenheid waar Arabies afgeluister en vertaal word. Net interessante inligting wat ek hier deel. Nog nooit het die spreekwoord :”live and let live” soveel sin vir my gemaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.