Bewyse van geknoeide stoei-uitslae uit 300 nC gevind

stoeiNavorsers het waarskynlik op die oudste dokumentêre bewys afgekom van ‘n geknoeiery met sportuitslae. Die teks van ‘n kontrak tussen die ouers van twee seuns wat aan ‘n prestige stoeitoernooi in Egipte deelgeneem het, en die eindrondte gehaal het, is pas uit antieke Grieks ontsyfer.

Die dokument dateer uit die jaar 267 na Christus.

Die kontrak het bepaal dat Demetrius sou sorg dat Nicantinous wen, vir ‘n bedrag van 3 800 dragmas (min of meer genoeg om ‘n donkie mee aan te skaf). Sou Demetrius “kontrakbreuk” pleeg en tog wen, moes hy drie talente silwer aan Ninatinious oorbetaal.

Dit is lank reeds bekend dat sportuitslae in die Romeinse tyd dikwels geknoei was, maar hierdie is die eerste knoei-kontrak wat nog opgespoor is.

Die dokument is reeds meer as ‘n eeu gelede deur argeoloë by Oxyrhynchus in Egipte gevind, maar eers onlangs getranskribeer en vertaal.

Die volledige artikel kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.