Beyoncé het internet wéér op hol met foto van tweeling

Beyoncé (Foto: Instagram)

Die Amerikaanse sangeres Beyoncé het Vrydagoggend vroeg die internet wéér behoorlik op hol gehad nadat sy vir die eerste keer sedert die geboorte van haar tweeling ʼn foto van hulle gedeel het.

Die sangeres het op sosiale media gesê dié foto is ter viering van die tweeling wat Vrydag een maand oud word. Die tweeling se name is intussen ook bekend gemaak. Hulle heet Sir Carter en Rumi.

Die sangeres, wat getroud is met die kletsrymer Jay-Z, het reeds ʼn dogtertjie, Blue Ivy (5).

Beyoncé het in Februarie vanjaar die rekords laat spat toe ʼn foto waarin sy haar swangerskap aangekondig het in die bestek van 12 uur meer as 7,1 miljoen keer ge-“like” is. Dié foto wat vroeër vandeesweek reeds die goedkeuring van meer as 11 miljoen mense gekry het,  is volgens The Verge die gewildste foto nóg op Instagram.

Die sangeres se jongste foto is in ʼn skrapse twee uur al byna drie miljoen keer ge-“like”.

Beyoncé het 104 miljoen volgelinge op Instagram.

Sy het al meer as 100 miljoen albums wêreldwyd verkoop en het al 20 Grammy-toekennings verower.

Beyoncé (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

al ·

Ek kry die beroemdes se kinders regtig jammer. Die kinders kry soms die bespotlikste name wat hul die res van hul lewens brandmerk of hul nie kan wag om hul name te verander nie!
Sir Carter, eish!

E.K. - ek sê net! ·

Eienaardige, onnatuurlike foto’s moet sê…watookal!

Uvonka ·

O gits dalk is ek ook iewers ‘n beroemde se kind, vandaar my volksvreemde, lelike naam.

Astrid ·

Ek is vreeslik jammer maar die enigste ding wat ek kan raaksien is daardie vreeslike gedoente agter haar en daardie onaangename muskietnet oor haar kop, kan ek maar aanneem dat die blomme in die agtergrond sinteties is? Indien dan nie, well done aan die bloemis wat die ruiker kon naboots!

M ·

Die foto lyk vir my nou weer op dieslefde plek, een is dalk net heelwat later in die dag geneem as die ander

Marianne ·

Bekendes en beroemdes is soms baie lieflike en spesiale mense, mens hoor graag van hulle, maar ai tog Dan is daar die, wat bespottings van hulself maak. Wie wil nou ‘n half naak, hoog swanger vrou sien??? Het sy geen self respek nie??? Mens wil graag sien hoe hul kinders sien, maar moet Jul privaatheid respekteer. Dit is tenminste die ouer of albei ouers wat bekend is, die kinders het die reg op ‘n normale lewe.

E ·

Sy is inderdaad ń beeldskone vrou met baie talent. Die foto is pragtig en vir my ń simbool van skoonheid, moederskap, natuur en liefde. Pragtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.