Beyoncé se swangerskapnuus het internet op hol

Beyoncé (Foto: Instagram)

Beyoncé (Foto: Instagram)

Die gewilde Amerikaanse sangeres Beyoncé het Woensdag op sosiale media aangekondig sy is weer swanger.

Die sangeres, wat getroud is met die kletsrymer Jay-Z, het op Instagram gesê sy verwag ʼn tweeling.

Die egpaar het reeds ʼn dogtertjie, Blue Ivy (5).

Dié nuus het die internet behoorlik op hol aangesien ʼn foto waar Beyoncé haar bababoepie vashou en voor ʼn blommeruiker op haar knieë staan, in die bestek van 12 uur meer as 7,1 miljoen keer ge-“like” is.

Dié foto is volgens The Verge sedert Donderdagoggend die gewildste foto nóg op Instagram.

Dit het die rekord oortref wat Selena Gomez, ook ʼn Amerikaanse sangeres, in 2016 opgestel het toe haar foto 6,3 miljoen “likes” gekry het.

Gomez het egter steeds die gewildste Instagram-rekening met 108 miljoen volgelinge terwyl Beyoncé sowat 92,9 miljoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sê maar net ·

Dis ‘n aaklige foto. Ek dink glad nie dis mooi nie.

Arséne Lupin ·

Is die simobliek van ‘n “veil” nie maagdelikheid nie? Die foto is ‘n bespotting. Dan nog die vieslike ou-vrou bra & broekie. Geld kan maar netnie klas koopnie!

Hanelie ·

Ek stem. Hulle kin darem vir haar iets mooier aangetrek het sonder die veil.

Jamie ·

7 miljoen mense met swak smaak . regtig? Daai onderklere vat die koek .. glad nie vleiend of mooi nie terwyl ‘n swanger vrou eintlik pragtig is . gaan steek kers op by die SA mammas wat stunning is wanneer hulle verwag, en mooi aantrek, ‘n absolute lus vir die oog is …

Eileen ·

Stem saam – niks so mooi soos ‘n swanger vroutjie wat na haarself kyknie.

Snip ·

Eish, glad nie iets vir die oog nie en daar is baie mamma`s wat tweelinge verwag, maar nie soos `n goedkoop ding lyk nie. Wat is nou eintlik die doel nie die net oor die kop. Die foto sal verseker nie my stem kry nie. Punt!!!!!!!

JoeV ·

Maroela Media, verduidelik gou hoe is die nuus, opskrif en foto gesien? Is daar iets van belang vir van julle lesers iewers in die berig?

Boela ·

Presies! Wat het die doen en late van hierdie persoon met ons te doen? Ek gee werklik niks om oor dié sogenaamde ‘nuus’ nie. Heeltemal te gedekoloniseer na my sin!

Snuffels ·

Wat maak haar swangerskap so spesiaal dat sy voorblad nuus is ? al is sy ‘n ikoon, vir my swak smaak

Liewe Heksie ·

Hahahahahaha – mense die net is oorgegooi om die vliee af te hou!!!

Valerie ·

Die internet “op hol”? Sê wie? Dit is nie nuus nie; sy is een van die klomp walgies soos Gaga en Cyrus wat net musiek verkoop omdat hulle basies naak is op die verhoog. Hou maar verby, niemand wat ek ken is op hol oor die nuus nie. Genugtig! Word wakker….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.