Die gewilde Amerikaanse sangeres Beyoncé het Woensdag op sosiale media aangekondig sy is weer swanger.
Die sangeres, wat getroud is met die kletsrymer Jay-Z, het op Instagram gesê sy verwag ʼn tweeling.
Die egpaar het reeds ʼn dogtertjie, Blue Ivy (5).
Dié nuus het die internet behoorlik op hol aangesien ʼn foto waar Beyoncé haar bababoepie vashou en voor ʼn blommeruiker op haar knieë staan, in die bestek van 12 uur meer as 7,1 miljoen keer ge-“like” is.
Dié foto is volgens The Verge sedert Donderdagoggend die gewildste foto nóg op Instagram.
Dit het die rekord oortref wat Selena Gomez, ook ʼn Amerikaanse sangeres, in 2016 opgestel het toe haar foto 6,3 miljoen “likes” gekry het.
Gomez het egter steeds die gewildste Instagram-rekening met 108 miljoen volgelinge terwyl Beyoncé sowat 92,9 miljoen het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Dis ‘n aaklige foto. Ek dink glad nie dis mooi nie.
Is die simobliek van ‘n “veil” nie maagdelikheid nie? Die foto is ‘n bespotting. Dan nog die vieslike ou-vrou bra & broekie. Geld kan maar netnie klas koopnie!
OUCH!!! Sy het nie die een mooi oordink nie! AAKLIG!
7 miljoen mense met swak smaak . regtig? Daai onderklere vat die koek .. glad nie vleiend of mooi nie terwyl ‘n swanger vrou eintlik pragtig is . gaan steek kers op by die SA mammas wat stunning is wanneer hulle verwag, en mooi aantrek, ‘n absolute lus vir die oog is …
Eish, glad nie iets vir die oog nie en daar is baie mamma`s wat tweelinge verwag, maar nie soos `n goedkoop ding lyk nie. Wat is nou eintlik die doel nie die net oor die kop. Die foto sal verseker nie my stem kry nie. Punt!!!!!!!