Biden: Hart en siel vir eenheid in die VSA

Biden lewer sy eerste toespraak as 46ste president van Amerika (Foto: Andrew Caballero-Reynolds, AFP)

Pres. Joe Biden het Woensdag tydens sy inhuldiging as die 46ste president van die VSA onderneem “om ʼn president vir alle Amerikaners te wees” en het hom beywer vir eenheid in die land. Hy het ook gewaarsku oor die uitdagings wat voorlê terwyl hy verwys het na veelvuldige krisisse.

Biden (78) is Woensdag by die Kongresgebou in Washington DC ingehuldig. By dieselfde geleentheid is Kamala Harris (56) as vise-president ingehuldig, die eerste vrou om dié amp te beklee.

“Vandag is ʼn geskiedkundige dag gevul met hoop. ʼn Dag van demokrasie. Die wil van die mense het gewen. Demokrasie het gewen,” het Biden gesê in sy eerste toespraak as president.

Biden (78) is Woensdag by die Kongresgebou in Washington DC ingehuldig (Foto: Patrick Semansky, AFP)

Hy het op die trappe van die Kongresgebou gestaan en sy toespraak gelewer. Dit is hier waar vyf mense slegs twee weke gelede dood is toe Trump-ondersteuners die Kongresgebou op 6 Januarie bestorm het uit protes oor Biden se verkiesing as president.

“’Hier staan ons nou net ʼn paar dae nadat ʼn oproerige skare gedink het dat hulle ons van hierdie gewyde grond sou kon verdryf. Maar vandag kom ons hier byeen as een nasie, voor God.”

Maar aangesien die VSA deur die dodelike koronavirus en politieke verdeeldheid bedreig word, het hy gewaarsku dat soveel meer as woorde nodig is om dié uitdagings te oorkom.

“Vandag op hierdie dag in Januarie is my hele siel daarin,” het hy die woorde van Abraham Lincoln aangehaal, “om Amerika bymekaar te bring, ons mense verenig, ons nasie te verenig. Ek vra elke Amerikaner om my in hierdie saak te ondersteun,” het hy gesê.

“Dit is ons historiese oomblik van krisis en uitdaging, maar eenheid is die weg vorentoe. Ons moet hierdie oomblik tegemoet gaan as Amerika.”

Biden word ingehuldig. Langs hom is sy vrou, Jill, dogter, Ashley, en seun, Hunter. (Foto: Andrew Harnik, AFP)

In die toespraak van 21 minute het Biden die uitdagings wat vir VSA voorlê, ook uitgestippel.

“Min mense in die geskiedenis van ons land is al groter uitdagings gehad as dié wat ons tans het. Hierdie virus het ons land stilweg bekruip en soveel lewens in die bestek van een jaar geneem as wat die VSA tydens die hele Tweede Wêreldoorlog verloor het. Miljoene werksgeleenthede het verlore gegaan, honderdduisende ondernemings is gesluit.”

Biden het in sy toespraak vir ʼn oomblik van stilte vir die 400 000 Amerikaanse slagoffers van die koronavirus gevra en gewaarsku dat die land moontlik die dodelikste fase van die pandemie betree.

“In die tyd wat voorlê, gaan ons mekaar nodig hê. Ons het al ons krag nodig om deur hierdie donker winter te volhard.”

Biden het hom ook daarvoor beywer om politieke ekstremisme, wit oppergesag en binnelandse terreur teen te staan en om geregtigheid vir almal te laat seëvier.

Kamala Harris (56) is as vise-president ingehuldig, die eerste vrou om dié amp te beklee. (Foto: Andrew Harnik, AFP)

Biden sou enkele ure ná die inhuldiging 17 uitvoerende bevele en aksies onderteken het om die beleid van die Trump-administrasie om te keer ten opsigte van onder meer immigrasie, die klimaatskrisis, die bestryding van Covid-19 en die ekonomie. Een van dié aksies is dat die VSA weer deel word van die Parys-klimaatsverdrag.

Hy gaan ook die verbod op besoekers uit verskeie Moslemlande ophef en ook ʼn stokkie steek voor die bou van die muur wat Trump op die grens tussen die VSA en Mexiko begin oprig het om onwettige immigrasie te stuit.

Biden beplan ook om ʼn wetsontwerp na die kongres te stuur om immigrasiebeleid op te knap en miljoene migrante ʼn weg tot burgerskap te gee wat die Trump-regering geweier het.

Sy versoek dat regeringsbeamptes vir 100 dae maskers in alle federale geboue en tydens regeringsoptredes dra, stel ʼn standaard vir private ondernemings, individuele state en gemeenskappe om dit na te volg.

Hy mik ook vir 100 miljoen inentings teen Covid-19 in 100 dae.

Voormalige pres. Barak Obama wens Biden geluk met sy inhuldiging (Foto: Olivier Douliery, AFP)

Voormalige presidente wat die inhuldigingseremonie bygewoon het, was Barack Obama, George W Bush en Bill Clinton.

Die Britse premier Boris Johnson het Biden net na die seremonie gelukgewens en gesê hy sien daarna uit om saam met hom te werk aan “kwessies wat vir almal saak maak” soos klimaatsverandering en Covid-19.

Michael Martin, die eersteminister van Ierland, het op Twitter geskryf dat Biden “ʼn ware vriend van Ierland gaan wees”.

“Dit is ʼn dag van geskiedenis en hoop en ek sien daarna uit om steeds nouer bande tussen ons twee groot nasies te smee,” het Martin op Twitter geskryf.

Donald Trump het die Withuis drie uur voor Biden se inhuldiging vir die laaste keer verlaat. Trump is die eerste Amerikaanse president in meer as 150 jaar wat nie die inhuldiging van sy opvolger bygewoon het nie.

Soos vroeër berig het Marine One, die amptelike presidensiële helikopter, Trump en sy vrou, Melania, Woensdag vir oulaas op die suidelike grasperk van die Withuis opgelaai om hulle na die Andrews-lugmagbasis aan die buitewyke van Washington DC te neem.

Die egpaar is van daar met Air Force One, die amptelike presidensiële vliegtuig, na sy Mar-a-Lago-gholfklub in Florida waar die Trumps hulle gaan vestig.

“Dit was ’n ongelooflike vier jaar,” het Trump voor sy vertrek by die Withuis gesê. Die uittredende president het later aan ondersteuners by die lugmagbasis gesê hy sal “in die een of ander vorm weer terugkeer”.

Lady Gaga maak gereed om die volkslied te sing (Foto: Andrew Harnik, AFP)

 

Lede van ‘n Kleurwag mars die verkorte parade-roete na afloop van die inhuldiging (Foto: Mark Makela , AFP)


Biden en sy vrou, Jill Biden, staan by die Withuis en aanskou die vuurwerkvertoning by die National Mall (Foto: Chip Somodevilla, AFP)


Vuurwerke te sien bo die Withuis na afloop van die inhuldiging van Biden (Foto: Patrick T. Fallon,, AFP)


Biden groet vir Harris met ‘n vuispomp net nadat sy ingehuldig is as visepresident(.Foto: Drew Angerer, AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Charles ·

Ek hoop hulle behandel hom soos Trump, maar ek glo nie, 1+1= vragies…

Therese ·

Opvallend hoe die media die BLM-opstand in Portland tydens die heuglike Biden-inhuldiging bloot ignoreer. Die polisiestasie en stadsaal nie so belangrik nie?

Pieter ·

Dit is wat die ANC kommuniste ook gese het julle amerikaners gaan nog lang trane huil.

Melinda ·

Toe die Kmer Rouge in Cambodia insstap het die inwoners gedans en gesing tot die Kmer rouge op hulle losbrand en binne paar dae almal in na due rice paddies verjaag het. Selfs dokters en patiente in hospitals. Dis altyd so met die rooies, hulle beloof en life on dan as almal die Cool Aid gesluk het is hulle vasgevang in kommunistiese sosialistiese slawerny. Laat ons Afrikaanses maar hallelujah sing vir Beijing Biden.

Samuel ·

Wie is nou ‘n shady character? Ons moet dankbaar wees dat Biden die nuwe President is.

Cherokee ·

Indien jy genoeg van politiek geweet het om die stelling te maak, sou jy redes verskaf het.

Anton ·

Biden kan se wat hy wil maar dit wat sy ondersteuners gedoen het tot nou gee nie baie hoop nie. Die Demokrate wil Trump “impeach” . Het Biden enige iets daar teen gese?

Piet ·

Hoeveel van daai 74 miljoen is tevrede daarmee dat 5 mense in die proses dood is? Nee wat, trompie moet maar sy pak vat.

Fedup ·

Johnson is sucking up tp bag of rocks for whatever reason.
Bag of rocks will give that comfy white house to harris before the end of this year.
Their racial democratical and stupidity game bore me and everyone else.
Ireland should be careful.
This political game have no rules at all.
Winner gets all, unless the world’s citizens stand up and make themselves heard.
All this will be a great game changer for all of us.
Stupid people cannot govern a country.

Andrew ·

Maybe that’s the problem with democracy , each person’s vote carry equal weight. When you rule the mob, you rule Rome.

Andrew ·

Millions of millennials are mind washed through entertainment and sport propagandists via smart devices with the media tech companies playing social professors and ideologists. It seems that Zucky and his mates thinks themselves superior to the rest of us (talk about hypocrisy) and that only what they say is better for the world. And typical millennial thinking, if I do not like your argument I switch you off, or get rent a crowd together to call you names. Gewonder waar die blm rond hang in die ooste?

Wolraad ·

Andrew, jou verwysing na “millennials” is nie net onnodig nie, maar speel reg in die hand van die magte wat identiteitspolitiek en sosiale media gebruik om die gepeupel te beheer.

Sien eerder jou mede mens raak as ‘n groep individue, eerder as om ‘n kwart van die wêreld bevolking in ‘n boksie te sit gebasseer op wanneer hulle gebore is.

Melinda ·

Ja beslis. Beijing Biden het al baie van die Obamabots heraangestel. KamillaMarx lek haar lippe at.

Grassie ·

Wanneer ‘n volk ‘n vrot appel as leier kies moet hulle maar die pyne wat later gaan kom verduur, dit is hul verdiende loon. Kyk maar na die gevolge in ons land nadat die klomp “verligtes” dieselfde gedoen het. Die skade is, ongelukkig, onomkeerbaar.

Charles ·

Ek sien hom al agteroorsit met sy voete op die tafel, besig om sonbrille aan te pas..

A ·

As dit die absoluut ergste ding is wat jy wildste verbeelding mee kan opkom, dink ek gaan Amerika OK wees.

“Aggenee… hy pas… n sonbril aan? Oukei.”

XD

Aai ·

Dit het alles net gegaan om Pres.Trump te verwyder Biden gaan dit dan aan die wolwe oorhandig.

A ·

Ek is net bly ons kan terug gaan na “normale” sameswerings toe, die gewone goed wat mens elke dag gehoor het toe Obama president was.

“Hulle gaan jou gewere vat.” “Hulle gaan jou in ‘n FEMA kamp sit.” “Ons gaan ‘n kommunistiese land word.” Jy weet, die normale, skadelose goed..

Nie hierdie giftige Q twak of Stop-The-Steal twak nie. Die tipe goed wat mense veroorsaak om bome deur die pos te stuur, pizza restaurante aan te val of die Capitol (daar is nie ‘n Afrikaanse woord vir dit nie, nee dit is nie ‘ hoofstad’ nie).

Alles is terug na die normaal.

Johannes ·

Stem saam, ek is keelvol van al die samesweringsteorieë van die onkundige “kenners’!

Francois Le Cochon ·

Hallelujah, ‘n MM leser met met insig en etiek!!!

Hermie ·

Eenheid as julle maak soos ek sê. Die honde is alreeds losgelaat en “eenheid” sal afgedwing word. Trump en sy 75m ondersteuners sal maar n paralelle stelsel moet bou as hulle hul ideaal van America First wil uitleef. Hulle gaan uit basiese regte soos bankdienste en mediakeuses gedwing word deur die magtigste masjinerie in die geskiedenis. Biden het niks te sê gehad oor die boelietaktiek teen Trump en die konserwatiewe media nie. Dit dra dus sy goedkeuring weg.

Frans ·

Biden is geheel en uitdrukkingloos-net sy lippe beweeg en lyk dit of hy van buite af beheer word.Daar is ‘n reuse vlugtelingkaravaan wat 2600 km ver in Honduras begin het, op pad en dit groei by die dag.
Die dag kom al nader dat vlugtelinge die politieke toneel in Amerika gaan oorheers en die Republikeine se kanse om te regeer al hoe kleiner word.
Die Pew research centre beraam die totale vreemdeling gebore bevolking op 45.6 miljoen.
Die 2020 bevolking van die VSA word beraam op 331 miljoen. Die 45.6 miljoen is amper 14% en soos hul alhoemeer stemgeregtig raak het dit die vermoë om die verkiesing alhoemeer te beinvloed en waarskynlik meer ten gunste van die Demokrate.

Raakvatter ·

Goeie opsomming Frans! Daarom die grense oopgooi en dit makliker maak om burgerskap te kry. Koop stemme in die long run.

Andrew ·

hart en siel vir die eenheid van die american(world) establishment ja.

Genis ·

Wat n tragedie vir Amerika en die res van die wereld… Ons het Siener van Rensburg gehad, hulle het Dogtertjie Sniffer Biden. Ek gril vir daai man… En ou Obama is ook daar.. Wat die ANC kom loof het oor hulle goeie werk in SA… Ruik die rose….

Andre ·

En so gaan die VSA ten gronde gaan, die verkiesing was n groot bedrog spul.

Francois Le Cochon ·

Lyk my jy het inligting oor die verkiesing wat niemand in die wereld het nie.

Piet ·

Republikeinse senaatslede het in die verkiesingsjaar (verlede jaar) beide Biden en sy seun se bedrywighede ondersoek. Ek beweer nie so nie, dit is ‘n feit. Gaan lees op en vergewis jouself.

Johannes ·

Ten minste is daar basiese ordentlikheid, iets wat die afgelope tyd skaars was in die Withuis…

Melinda ·

Die massa media vervaardigde ” ordentlikheid” Daar is genoeg van BLM en Antifa se kaskenades wat Biden se goedkeuring wegdra. Die massamedia het baie van Trump ge cut en paste. Soos hulle nou Biden se alzheimers oomblikke sal cut en paste.

Melinda ·

Beijing Biden. Vreemd dat soveel Afrikaanses dink RooiBiden is n nice oulike ou. Baie duidelik dat CNN hul enigste bron van inligting is. “Let the hunger games begin…”

Natasha ·

Ek wens Biden en sy hele span voorspoed, kalmte en wysheid toe. Ek is seker hulle kan ‘n sukses van dit maak.

Francois Le Cochon ·

Dankie Natasha, dat jy jou nie aan samesweringsteorie steur nie.

Nell ·

“The best is yet to come” so hou maar die popcorn en coke gereed – dit gaan ‘n baie interessante 2021 wees…

Susan ·

Yeah Right… Dit is hoekom daar nou ‘n heksejag uit is op al die Trump ondersteuners. Hoekom 70 000 FB en Twitter accounts suspend is asook Parler afgehaal is.. Daar is alleenlik vryheid van spraak en “Eenheid solank as wat almal saam met hom en sy trawante stem

Francois Le Cochon ·

Om die vader van die leuen te wees, moet Biden meer as 29 000 leuens in 4 jaar vertel.

Antjiepat ·

Hart en siel, wonder net waar is sy hart en siel dan gesetel… magtig die Aborsiewet en dan stel hy ‘n transgender aan as minister van gesondheid…

Francois Le Cochon ·

As jy aanspraak maak op ‘n plekkie in die son, dan kan ‘n transgender seker ook daardie aanspraak maak. Dit gaan hier oor bekwaakheid. Moenie wees soos die dronk tannie wat destyds in Kraaifontein, met ‘n bottel brandewyn in die een hand en ‘n sigaret in die ander, voor ‘n TV kamera gekla het oor die nuwe (welopgevoede) kleurling bure wat sy gekry het nie.

Karlahari ·

In die ou bedeling sou Obama as n kleurling geslassifiseer gewees het. Of volgens amerikaanse terme “mixed race”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.