Biden het nie gewen, sê Trump

Joe Biden. Foto: (AP Photo/Matt Rourke)

Pres. Donald Trump hou vol die verkiesing is nog nie verby nie en dat Maandag met regsaksie in die verband begin sal word.

Joe Biden is Saterdag as die wenner van die Amerikaanse presidentsverkiesing aangekondig nadat hy volgens projeksies genoeg kieskollege-stemme op hom verenig het.

Biden het in ’n kort verklaring gesê hy is geëerd en verneem met nederigheid dat Amerikaners hul vertroue in hom en Kamala Harris, sy visepresidentskandidaat, geplaas het.

“Te midde ongekende struikelblokke het ’n rekordaantal Amerikaners hul kruisies getrek. Dit het weereens bewys dat demokrasie diep klop in die hart van Amerika.”

Volgens Biden is dit nou tyd om woede en retoriek agter te laat en om as ’n nasie te verenig. “Dit is tyd vir Amerika om te verenig en om te genees. Ons is die Verenigde State van Amerika en daar is niks wat ons nie kan doen as ons dit saam doen nie.”

Biden is volgens Trump nog nie as die wenner van enige state gesertifiseer nie, veral nie in die betwiste state waar stemme weer getel moet word of waar daar hangende regsaksie is nie.

Pres. Donald Trump. Foto: REUTERS/Carlos Barria

“Ons almal weet hoekom Joe Biden haastig is om homself valslik as die wenner voor te doen, en hoekom sy mediabondgenote so hard probeer om hom te help: hulle wil nie hê die waarheid moet blootgelê word nie,” het Trump in ’n verklaring gesê.

Trump beweer sy party se waarnemers in Pennsilvanië is nie genoegsame toegang gegee om die stemtellery dop te hou nie. “Wettige stemme besluit wie die president is, nie die nuusmedia nie.

“Ons sal Maandag met ons saak in die hof begin om te verseker dat ten volle aan die verkiesingswette voldoen is en dat die regte wenner ingehuldig word.”

Amerikaners is volgens Trump geregtig op ’n eerlike verkiesing, wat volgens hom behels dat alle wettige stemme getel word en onwettige stemme nie getel word nie. “Dit is die enigste manier om te verseker dat die publiek volle vertroue in ons verkiesing het.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Thom ·

Trompie is definitief nie lekker nie ___ hy het sy mense gevra om nie van postemme gebruik nie maar is nou omtevrede daaroor !?

Anoniem ·

Ja ja Thom, die mense het so goed geluister na Biden dat selfs die dooies vir hom gestem het met mail in votings… En hoe weet jy dat geen Trump ondersteuner met mail in voting gestem het nie? Ek meen wat van die 1000de mail in voting stembriewe wat hulle gekry het wat verwoes was en wat alles vir Trump moes gaan? Oh ja daar was selfs stembriewe gestuur vir mense se diere! Jap jy lees reg, selfs n kat het vir Biden gestem….

Anoniem ·

Die mense het so goed na Biden geluister om te stem via mail in voting dat selfs die dooies vir hom gestem het…

Dirk Mostert ·

Dit verklaar nie hoekom ander kandidate se tellings ook oornag stilgestaan het nie.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Jy is ‘n swak verloorder! Waar is die jare toe jy gesê het: “You are the weakest link! Goodbye!” Biden moet dit vir jou, na jou hofsaak uitgegooi word, sê.

Anoniem ·

Daai sin was gesê op die tv reeks “the weakest link” wat deur Jane Lynch aangebied was en nie deur Trump nie… Hy het die sin “your fired” gebruik. Maar jou kommentaar bewys net dat jy dink soos jy will sonder ware feite en sonder om bietjie weier te gaan lees…

Pieter ·

Stem Saam Trump. Hoop ondersoek geskied gou en dat almal eerlik was.

Jacobus ·

Besef tog net dat die prys wat Biden aan BLM, Antifa, Sjina, die WGO, en die skare Weskus weirdos ens sal moet betaal, behels. Alles wat Amerika kan laat knak – glo dit nie? wag maar ek kyk. By dit is Biden so munipuleerbaar soos klei – of is dit die visie.

gatgogga ·

Dis nie die eerste keer dat mense verkeerd stem nie.
Hier by ons het our people vir Zuma gestem.
En ons ouers het vir FW gestem.

Piet ·

Psst, mnr. Trump… President Biden het toe gewen. You are fired!!!

Human ·

Don the Con the majority Americans have spoken (voted). You are FIRED ! Leave like a man and not like the Whimp you are.

Gert Johannes ·

Kan nie glo julle lerwer sulke komentaar nie, wys net julle is netso gebreinspoel soos die liberelale media dit wou hê en julle kom dit nie eens agter nie. Amerika het verloor netsoos Suid Afrika1994 en dit deur die media. Arme julle, wag maar en kyk wat gebeur.

Filistyn ·

Gert Johannes, ek stem saam . Ongelukkig gaan die res van die wêreld ook slae kry.. .

Karina ·

Trump is ‘n swak verloorder, net soos destyds wat Mugabe nie wou terug staan nie, wat ook verloor het.

Eric ·

Ha Ha die gesette dame het nog nie klaar gesing hier nie maar sou dit wel die geval wees dat Biden wen het die magtigste land in die wereld sopas n stokou korrupte sosialis wat aan dementia ly met baie twyfelagtige reputasie onder die die vroulike geslag as president gekry kom ons kyk hoe werk dit vir hulle , welkom in die Piesangrepubliek geledere USA

Human ·

Jealousy makes you nasty! Kan sien hoekom jy Trump ondersteun wat berug is oor die aannames wat hy maak en leuens wat hy verkondig aan al die “gullibles”.

Dirk Mostert ·

Media en ander wat Trump beskuldig as ‘n swak verloorder het kort geheues of het selektiewe moraliteit. Toe Belarus se opposisieleidster nie hul uitslag aanvaar het nie, sonder enige bewyse, het die hoofstroommedia en westerse staatsleiers haar kant gekies. Trump is werklik verkul. Ek het Woensdag heeldag die uitslae in die VSA d.m.v. die BBC en ander TV-kanale gevolg. Toe die BBC sy dekking vir die dag staak, was Biden net voor in Arizona en Nevada. Trump was 1-2% voor in Georgie (100% getel), Noord-Carolina, Michigan en Wisconson (95-99% getel). In Pennsylvania (75% getel) was hy voor met 56% teenoor 44% (meer as 700,000 stemme).Oornag is al Trump se voorspronge uitgewis. In Michigan het Biden 138,339 stemme bygekry terwyl die ander DRIE kandidate saam nie 1 stem bygekry het nie. Soortgelyke veranderings is op dieselfde tyd op ander state se grafieke waarneembaar. Dis statisties hoogs onwaarskynlik.

Yolandie ·

Ek stem saam met jou Dirk. Op 3 November het menige Amerikaners gaan slaap met die wete dat Donald Trump goed oppad was na oorwinging. Hulle word die volgende dag wakker met Biden wat voorloop – hoogs onwaarskynlik. Grootskaalse bedrog het hier plaasgevind en dit moet definitief op die lappe kom. En enigeiemand wat dink Donald Trump gaan die wang draai en net by die withuis uitstap maak ‘n fout. Dit gaan hier oor die wettigheid van elke stem wat getel is, en soos die dae aanstap word daar net meer korrupsie blootgestel.

Dries ·

Dit is net te wonderlik as jy iets van Trump wil lees op media 24 wat regs is moet jy aansluit. As dit linkse propaganda is kan jy dit verniet lees. SIEK SIEK SIEK

Yolandie ·

Ja Dries die media skep hulle eie werklikheid en wat hulle wil hê die wereld en Jan Publiek mag weet. Sosiale Media is ‘n groot voorbeeld daarvan. Twitter se Jack Dorsey en Mark Zuckenberg van Facebook het juis voor die Amerikaanse Senaat verskyn om te kom verduidelik hoekom hulle die New York Times gesensor het oor ‘n artikel wat hulle geplaas het oor Hunter Biden (Joe Biden se seun) kort voor die verkiesing.

Danie ·

Aan almal in SA wat hulle so verlekker in Trump se moontlike neerlaag, ek dink nie dit het al tot julle deurgedring wat se verreikende gevolge (invloed) dit vir SA kan inhou nie…n sosialistiese/marxistiese oorwinning daar… knielende voor n militante, marxistiese BLM/Antifa …terwyl daar geluide gemaak word (deur wit Demokrate) dat voorheen ‘benadeelde’ slawe in VSA oa n $800 000 ‘vergoeding’ per gesin moet ontvang…en as julle nie besef dat dit n openlike aanmoediging en invloed vir ANC en kie se ‘expropriation without compensation’ beleid hier by ons, gaan he nie…sal julle seker dit nooit begryp nie….!

Estelle ·

Ek wonder of die mense wat sulke negatiewe kommentaar oor Trump lewer, besef dat Biden totaal teen die Afrikaner is en in werklikheid geweld teen ons aangemoedig het. Hy se ons is altyd “begging”. Doen tog navorsing voor jul negatiewe dinge se of allles glo wat die media opdis teen Trump.

annievantshwanie ·

Die waarheid sal uitkom, dit doen altyd! Daar is net geen manier hoe miljoene meer vir B gestem het nie – hy het in 48jaar niks beteken vir Amerika nie, en nou eweskielik is hy goed genoeg om President te wees? Dooies en diere het vir hom gestem, en dan is daar steeds mense wie vas glo dat Biden die regte keuse is! Ongelukkig sal hul op hul neuse kyk binnekort…watookal gebeur

Jakes ·

Nes SA in die afgrond in regeer is deur n onbevoegde regering net so sal Biden n mislukking wees vir die VSA.

Reynier ·

As Amerika nies, kry die wêreld verkoue. Ons het dit in 2007 gesien en ons gaan dit nou weer sien. Biden het sosialistiese beginsels. Hy is gekant teen alles wat Amerika ‘n reus gemaak het. Amerika het sopas hulle ekonomie vir China gegee en so ook 80% van die Westerse wêreld se ekonomie ook. Hy kan ook nie nou BLM, Antifa en al die ander marxiste stop nie want hy het op hulle rûe stemme gewerf. Ek is bevrees almal gaan lei. Duitsland gaan bly staan omdat hulle nie ‘n Rothschild sentrale bank het nie. Maar die res van ons is in die knyp. Wag maar en sien.

Yolandie ·

Ja dis wat niemend besef nie, as Biden hier die Presidensie wen dan is Amerika China kos. En ek is bevrees dit is goed vir niemand in die wereld nie!!!!

Zelda ·

Interessant dat selfs China nie eers vir Biden tot op hede gelukwens met sy ‘oorwinning’ nie: “We understand that the outcome of the general election will be determined in accordance with the laws and procedures of the United States” Wang Wenbin, Chinese Foreign Ministry spokesman.
Soos gewoonlik gaan die hoofstroommedia weer op hol en moet almal hulle woord as evangelie glo….Kort en lank daarvan is die proses moet sy verloop neem en dis belangrik vir enige kieser om vertroue te hê in die sisteem. As die skoen aan die ander voet was sou die Demokrate ten hemele geskree het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.