Biden laat vaar bewerings oor ‘inhegtenisneming’ in SA

Joe Biden (26 Februarie 2020) (Foto: AP Photo/Matt Rourke)

ʼn Beampte in Joe Biden se veldtog om die president van Amerika te word, het toegegee dat Biden nie in die 1970’s in Suid-Afrika in hegtenis geneem nie.

Kate Bedingfield, adjunk-veldtogbestuurder, het Dinsdag aan verslaggewers gesê Biden het na ʼn voorval verwys toe hy “by die Johannesburgse lughawe van sy kollegas geskei is”. Toe ʼn verslaggewer daarop wys dat “skeiding” nie ʼn “inhegtenisneming” is nie, het Bedingfield herhaal dit was ʼn “skeiding”.

“Hulle kon nie dieselfde deur gebruik nie,” het Bedingfield verduidelik. “Dit was apartheid Suid-Afrika. Daar was ʼn wit deur, daar was ʼn swart deur. Hy wou nie deur die wit deur gaan terwyl sy kollegas deur die swart deur moet gaan nie. Hulle is van mekaar geskei.”

Biden maak staat op swart mense se steun om Saterdag in Suid-Carolina te wen.

Die voormalige adjunkpresident het vroeër vandeesmaand tydens ʼn geleentheid in Suid-Carolina aangevoer hy is in Suid-Afrika in hegtenis geneem, terwyl hy na sy persoonlike geskiedenis met oudpres. Nelson Mandela verwys het.

Biden was in 1977 ʼn Demokratiese lid van die Amerikaanse Senaat as verteenwoordiger van die deelstaat Delaware. Luidens Biden se toesprake het die “inhegtenisneming” in Soweto plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Snowball ·

Enige kluitjie om stemme te wen. Hier by ons word die geskiedenis ook so ‘herskryf’ vir die stemvee.

Michael ·

Dit is wat President Trump die beste strateeg en leier in die wêreld maak,Biden was net n pion in n groter plan en terwyl mense sit en kopkrap oor hoekom en wat lag die president in sy mou en beplan hy die volgende stap om die VSA n beter plek te maak vir alle amerikaners.

Moedeloos ·

Hy aard na sy SA maaitjies. Verdraai die storie soos dit hulle pas.

Johan ·

Soos John Haggee sê: ” jy’s of ‘n liberalis, of jy staan vir die waarheid!”…….

Grassie ·

Dit is een van die karaktereienskappe van liberaliste, veral liberale politici, dat hulle skaamteloos kan lieg wanneer dit hulle pas. Omdat hulle van nature geen gewetes het nie, pla dit hulle ook nie. Ons het dit by uitstek hier in ons land gesien in die vroeë 1990’s toe die sg “verligtes” die hele land aan die neus rondgelei het met blatante leuens. Vandag betaal ons die prys daarvoor.

Marie ·

Hy verander sy storie soos dit hom pas. Volgende gaan hy seker se mars mannetjies het hom al een keer kom haal en hom hulle woning gewys. Arme man ek is so jammer vir jou maar ons glo nie jou stories nie en hopenlik sien die mense deur jou met al jou stories.

Gato ·

Ek het gedog twak praat is die alleen domein van die SA Regerings amptenare maar lyk my dit is ‘n meer wydverspreide politieke siekte.

Niklaas ·

Ek kan dink wat sy motief was met hierdie verdigsel en valsheid. Ongelukkig vir hom kan dit jare lank teen hom gehou word. Hy mag dalks a. g. v. dit uitsak uit die resies om demokrate se finale kandidaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.