Biden, Poetin vergader in Genève

ʼn Switserse polisiebeampte op patrollie by Villa La Grange in Genève, Switserland waar Joe Biden (VSA) en Wladimir Poetin (Rusland) vergader (16 Junie 2021) (Foto: Sebastien Bozon/AFP)

Pres. Joe Biden van die VSA en pres. Wladimir Poetin van Rusland vergader Woensdag in Genève waar gedagtes van die Koue Oorlog sal hang oor hedendaagse kommer van die VSA oor kuberaanvalle deur Rusland.

Die twee staatsleiers sal vyf ure lank gesels sonder enige breek vir etes. Guy Parmelin, president van Switserland, is die gasheer.

Op ʼn vraag of die twee leiers ʼn ete saam sal geniet – gewoonlik ʼn welwillendheidsgebaar tydens ʼn diplomatieke beraad, het ʼn senior Amerikaanse beampte “nee” gesê. “Hulle sal nie saam brood breek nie,” het hy gesê, op voorwaarde dat hy anoniem kan bly.

Die Amerikaanse president Ronald Reagan en Sowjet-leier Michail Gorbatsjof het in 1985 ook in dié Switserse stad vergader.

Patrolliebote op die meer en swaar gewapende soldate staan wag naby die villa.

Die spanning tydens die gesprek handel die keer nie oor strategiese kernwapens en teenstrydige ideologieë nie, maar eerder die Biden-administrasie wat Rusland beskou as ʼn vyandige bewind wat graag die reëls breek. Van kuberaanvalle op Amerikaanse entiteite en beweerde inmengery in die afgelope twee Amerikaanse verkiesings tot menseregteskendings en aggressie teen die Oekraïne en ander Europese lande is op Washington se lang lys van bewerings teen die Kremlin.

Poetin woon die beraad by deur aan te voer dat Moskou eenvoudig Amerika se leierskap uitdaag. Dit is deel van ʼn poging om ʼn sogenaamde “multipolêre wêreld” te bevorder waar Rusland en China al nader aan mekaar staan.

Daar sal na die gesprek geen gesamentlike perskonferensie plaasvind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Keith ·

There’s NO proof that Russia interfered in the US elections, but there IS evidence that Biden and the Demoncrats interfered with the US 2020 election results in the 6 “swing” states. The current forensic audit being performed in one of those states, Arizona, is due to be completed at the end of this month, and should reveal some interesting facts.

Kokerboom ·

Mens kry die indruk dat Rusland en China en veral laasgenoemde doelbewus die wereldorde en vrede probeer omverwerp dmv ekspansionisme, uitdaging en arrogansie!

Bushy ·

Die wereld moet Putin en Jinping nie onderskat nie. Hulle is op n ver hoer vlak van intelligensie as die res van die wereld se leiers. Strategie is maar een van hulle merkwaardige eienskappe. Stille waters diepe grond, onder draai die duiwel round.

Jacobus ·

Sal ook nie saam brood breek – selfs Poetin het beginsels!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.