Biden se honde kry trekpas ná bytvoorval

Pres. Joe Biden saam met Champ (links) en Major (regs). (Foto: Adam Schult/The Oval Pawffic/Twitter)

Pres. Joe Biden van die VSA het sy twee honde na sy huis in Wilmington, Delaware, teruggestuur nadat die jongste van dié twee glo ʼn sekuriteitswag by die Withuis gebyt het.

Die driejarige Duitse herdershond, Major, het glo geruime tyd aggressiewe gedrag teenoor Withuis-personeel getoon, berig CNN. Volgens anonieme bronne het hy gereeld vir personeel geblaf, op hul gespring en hulle bestorm.

Major het egter op ʼn Twitter-rekening, wat vir die honde van die Withuis geskep is, ʼn verklaring uitgereik waarin hy dié aantygings ontken.

“Ek wil daarop wys dat krapmerke tydens speeltyd algemeen is en met die beste van ons gebeur, veral wanneer ons nog jonk is en hoë energievlakke het. Ek sal nooit met opset iemand byt nie. Ek hou vol dat ek onskuldig is en bly hoop dat die komende ondersoek presies dit sal toon,” lui die verklaring

Dit is nie duidelik of die sekuriteitswag tydens die bytvoorval beseer is nie. Die insident was egter ernstig genoeg dat Major en sy maat, die 13-jarige Champ, ook na die Biden-huis teruggestuur is.

Dit is ook nie duidelik of Major en Champ ooit gaan terugkeer na die Withuis nie.

Champ het ook sy maat op Instagram verdedig. “Major byt nie mense nie, en hy is nie aggressief nie.” Hy het ook hul volgelinge op sosiale media herinner aan al die video’s waarin Major omring word deur media en personeel.

Major is die eerste hond wat uit ʼn skuiling gered is wat in die Withuis gewoon het. Hy is in November 2018 deur Biden en sy vrou aangeneem.

Die presidentsvrou, Jill Biden, het verlede maand in ʼn onderhoud op The Kelly Clarkson Show gesê dat sy daarop fokus om die honde gemaklik te maak in hul nuwe woonplek in Washington.

“Hulle moet ewe skielik die hysbak neem en is nie gewoond daaraan nie. Hulle moet ook na die Suid-grasperk gaan waar baie mense hulle dophou. Dis hoekom ek soveel aandag daaraan gee om almal gemaklik en rustig te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

Jammer Zuma toe hy president was nie ‘n hond gehad het wat die Gupta’s gebyt het. Sou Zuma se hond se naam Shaik gewees het, of NineIron?

Natasha ·

Ek dink dis super oulik om ‘n Twitter rekening vir Major te hê en wens hom alle sterkte in die ondersoek. Baie respek en dankbaarheid dat die Biden’s honde uit skuilings red.

Robert ·

Mense wat Twitter gebruik is Twits. Arme hond skaam hom dood!

4ntj13 ·

Jill Biden het blykbaar al voorheen as sy uitstedig gaan wees vir ʼn paar dae, die honde Delaware toe gestuur. Dis nou weer die geval.
Mens sal nog moet sien wat die gevolge van die bytvoorval vir Major Biden sal wees. Eintlik is dit hartseer, want hy sal nou al moes begin aanpas het by die Withuis.

Racheltjie Debeer ·

Dalk het die sekuriteitswag hom uitgelok? Of, die sekuriteitswag hou net nie van honde nie en vertolk spelerige gedrag as agressie.
Jammer dat die honde nou weggestuur moet word.

Fedup ·

Bag of rocks irritated poor major.
He just had to blow down some steam.
I am sure it was just a playful nip.
He nipped the wrong person.

Misky ·

Ek dink hier is meer afger die storie en Biden sou nie sommer sy hond wegstuur as dit net n “kneusplekkie of ligte knyp” was nie. Nog minder n hond met sy eie twitter rekening nie……

Sonia ·

hopelik volg die baas van die honde spoedig die pad terug Delaware toe – Biden is ‘n bedrogspul

Realis Thailand ·

Kan hulle ook nie maar Biden verwyder en n meer intelligente mens daar plaas nie.

Jan ·

Swak inherente dissipline kom na vore in mense se kinders en hul huisdiere se gedrag. Waarom is ek nie verbaas nie?

Keith ·

Hopefully Trump will send the WHOLE lot of them packing and out of the Whitehouse, in 2024.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.