Biden se voormalige tolk nog in Afghanistan

Franse soldate staan wag by ‘n weermagvliegtuig op die lughawe in Kaboel terwyl hulle wag om Franse en Afghaanse burgers uit die land te neem. (Foto: STR/AFP)

ʼn Tolk wat glo gehelp het om die Amerikaanse president Joe Biden in 2008 te red tydens ʼn sneeustorm in Afghanistan, kruip tans weg nadat hy die ontruimingsvlug uit Kaboel verpas het, berig die Wall Street Journal.

Biden, in daardie stadium senator, en twee wetmakers, het Afghanistan besoek toe hulle tydens ʼn sneeustorm gedwing is om in ʼn afgeleë gebied met hul helikopter te land, het die koerant Dinsdag berig.

Die tolk, slegs bekend as “Mohammed” om sy identiteit te beskerm, het in daardie stadium gereeld vir die Amerikaanse weermag gewerk en deelgeneem aan krygstogte.

Mohammed het by ʼn klein Quick Reaction Force aangesluit wat van die Bagram-lugmagbasis na die berge gery het om die drie mans te red. Daar was kommer dat Biden en die twee ander senior senators, Chuck Hagel en John Kerry, moontlik deur die Taliban aangeval sou word.

Mohammed kon egter nou, 13 jaar later, nie betyds sy aansoek vir ontruiming laat prosesseer om na die VSA te emigreer nie ná die Taliban beheer geneem het oor die land.

“Hallo mnr. President: Red my en my gesin,” het hy Maandag aan die koerant gesê – die dag van die laaste vlugte van die twee week lange noodontruiming uit die land. “Moet my nie hier vergeet nie.”

Volgens die Wall Street Journal kruip Mohammed, sy vrou en vier kinders nou weg – bekommerd dat die Taliban sal toeslaan.

Jen Psaki, woordvoerder van die Withuis, het Dinsdag gesê die VSA wou hom help. “Ons sê dankie vir hom dat hy die afgelope 20 jaar aan ons kant geveg het,” het sy aan verslaggewers gesê. “Ons sal jou uitkry. Ons sal jou diens eer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elize ·

Hierdie president laat my so baie dink aan een wat ons elke dag mee moet deel

piet ·

Ons het ‘n uitstekende president, hy kry net nie die ondersteuning wat hy moet nie.

marius ·

Baie jammer om te hoor , dat die redding destyds suksesvol was .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.