Bielie van ʼn diamant uiteindelik verkoop

Lesedi la Rona,die diamant wat in November 2015 in Botswana ontdek is Foto: Lucara Diamond-korporasie

ʼn Ongeslypte diamant, ongeveer so groot soos ʼn tennisbal, wat in 2015 by Lucara Diamond Corp se myn in Botswana uitgehaal is, is op ʼn veiling verkoop.

Die Britse diamanthandelaar Graff Diamonds het die 1 109 karaat steen teen $53 miljoen (R706 miljoen) aangeskaf, het Lucara in ʼn verklaring bevestig. Dit is ongeveer $47 777 (meer as R636 000) per karaat. Die diamant sal nou gesny en poleer word.

Die bedrag is ʼn verbetering op die hoogste aanbod wat in Junie 2016 by ʼn Sotheby’s-veiling aangebied is, het William Lamb, uitvoerende hoof en president van Lucara, gesê. Die reserweprys is nie in daardie stadium by die veiling gehaal nie.

Die steen, die “Lesedi La Rona” (“ons lig”) is in November 2015 by Lucara se Karowe-myn uitgehaal. Dit is die tweede grootste diamant wat nog ooit gemyn is, naas die 3 106.75 karaat Cullinan, wat in 105 diamante opgesny is, insluitend verskeie vir die Britse kroonjuwele.

Lees alle vorige berigte oor Lucara en die Lesedi la Rona op Maroela Media.

-Reuters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lizelle ·

As kind het dit my baie onstel dat die cullinan in duisende stukke gesny is en in die koninging se juwele sit. Wie ookal dit besluit het…dit was maar n crappy move…

Aitsa ·

Sal nie omgee om só ‘n klippie uit te grawe in my agterplaas nie……?

Griet ·

Hier is ‘n paar goed wat ek nie verstaan nie: Verlede jaar is berig die Lesedi La Rona is 1 111 karaat, nou is dit 1109 karaat. (Het inflasie die ou steentjie bygekom?!)

Verlede jaar kon Lucara Diamond Corp nie die diamant verkoop kry nie, die beste aanbod was $61 Miljoen, onder die reserwe prys (hulle wou toe $70 miljoen gehad het volgens vroeër berigte) Nou verkoop hulle die diamant vir $53 miljoen?

Al wat ek kan sê is: “Shame né. . . . . !”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.