Bielie van ‘n geeldiamant gevind

ʼn Myn in Lesotho het ʼn 54 karaat geeldiamant gevind (Foto: Firestone Diamonds plc)

ʼn Mynmaatskappy in Lesotho, Firestone Diamonds plc, het Maandag gesê hy het ʼn geeldiamant van 54 karaat uit sy Liqhobong-myn gehaal.

Paul Bosma, uitvoerende beampte van die maatskappy, het gesê Liqhobong-myn is bekend vir sy geel stene, maar dit is die grootste een wat tot dusver gevind is. “Dit is baie spesiaal. Alhoewel sekere segmente van die diamantmark sukkel, is daar tog ʼn groot aanvraag na unieke natuurlike stene.”

Firestone Diamonds het gesê die diamant sal in September 2019 te koop aangebied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel ·

My Blikkies is dit waar ek my Diamant verloor het. Soek al jare daarna

NET EK ·

Twee hondjies baklei oor die been – die derde een (dis ek) sal dit maar vat. hahahaha

Adri ·

kan baie bruide daarmee vir die gek gehou word. Diamante se pryse word gemanupileer anders sou pryse baie laag gewees het. Daar word 12 soorte edelstene gebruik in die Nuwe Jerusalem maar diamante is nie een daarvan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.