Big Ben vir jare lank stil

(Foto: Alastair Grant vir ANA)

Die bekende Big Ben-kloktoring in Londen sal van volgende week af vir ’n paar jaar stil wees.

Dié bekende baken sal op 21 Augustus om 12:00 die laaste keer lui voor ’n reuse-restourasieprojek afskop. Die herstelwerk sal sowat £29 miljoen beloop en Big Ben sal eers weer in 2021 lui.

In hierdie tydperk sal die horlosie in die Elizabeth-toring stuk vir stuk uitmekaargehaal, skoongemaak en herstel word. Die klok, wat 13,5 Britse ton weeg, sal ook skoongemaak word en werkers sal dit vir krake ondersoek.

Volgens berigte word daar egter planne gemaak om te verseker dat Big Ben wel nog sal lui vir groot gebeurtenisse soos Nuwejaarsdag.

Big Ben was al ’n paar keer stil sedert dit in 1859 die eerste keer gelui het, maar dié restourasieprojek sal die langste tydperk nóg wees wat die klok stil is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois le Cockon ·

Met ‘n opname van die klokkespel op ‘n Samsung S8, en ‘n lekker klankstelsel, is daar geen rede vir die voorspelde stilte nie.

Gerrit ·

Nou het die Engelse ‘n verskoning om laat op te daag vir vergaderings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.