Bill Cosby gevonnis

Bill Cosby kom by die Montgomery-hof aan in Norristown, Pennsylvania (25 September 2018). Foto: Matt Slocum/AP Photo

ʼn Regter het Bill Cosby Dinsdag as ʼn “seksueel gewelddadige aanvaller” bestempel as deel van die vonnisverrigtinge teen die bekende Amerikaanse akteur en komediant in verband met die seksuele aanranding van ʼn vrou meer as ʼn dekade gelede.

CNN berig Cosby is in Norristown, Pennsylvania drie tot tien jaar tronkstraf opgelê vir die seksuele aanranding van Andrea Constand. Cosby is deur ʼn maksimum vonnis van 10 jaar in die gesig gestaar nadat aanklaers en die verdediging ooreengekom het dat die drie aanklagte waarop hy skuldig bevind is, saamgevoeg gaan word vir vonnisdoeleindes.

Aanklaers het die hof versoek om Cosby ʼn vonnis van vyf tot 10 jaar tronkstraf op te lê. Cosby se regspan het die hof versoek om die akteur tot huisarres te vonnis op grond van Cosby se hoë ouderdom en die feit dat hy byna blind is.

Die New York Times berig tien vroue wat Cosby van seksuele aanranding beskuldig het, insluitend Constand, was in die hof teenwoordig toe hy gevonnis is. Cosby is die geleentheid gebied om die hof toe te spreek voor die vonnis gelewer is, maar hy het dit van die hand gewys.

Andrea Constand verlaat die hofgebou na die eerste dag van vonnisverrigtinge (24 September 2018). Foto: David Maialetti/The Philadelphia Inquirer via AP, Pool

Maroela Media het vroeër berig Cosby is in April skuldig bevind op drie aanklagte van seksuele aanranding nadat hy Constand in 2004 bedwelm en gemolesteer het.

Omdat Cosby as ʼn seksueel gewelddadige aanvaller geklassifiseer is, moet hy vir die res van sy lewe maandeliks berading ontvang en kwartaalliks by owerhede aanmeld. Sy naam sal ook op die register vir seksuele oortreders ingesluit word en dit sal aan bure, skole en slagoffers versprei word.

Cosby se regspan het probeer om dié klassifikasie te verhoed, maar regter Steven O’Neill het gesê die staat het duidelike en oortuigende bewyse gelewer om dit te regverdig.

Sedert Constand in 2005 vir die eerste keer na die owerhede is om aan te meld dat Cosby haar seksueel molesteer het, het meer as 60 vroue Cosby van seksuele aanranding beskuldig. Geen van dié bewerings het egter tot strafregtelike aanklagte gelei nie.

Cosby was tydens sy akteursloopbaan onder meer die ster van die bekende Amerikaanse sitkom “The Cosby Show”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

As ‘n slagoffer v jare se molestering voel ek d straf is te lig. Niks kan verduidelik wat dit aan ‘n mens se lewe doen nie. Wens ekt d guts gehad om my molesteerder aan te gee, maar dit gaan sy familie e kinders se toekoms opmors… Ek verbeel my dit maak my d beter persoon???

Marinda ·

Jy red dalk net een van sy familielede van dit wat hy aan jou gedoen het.

Anoniem ·

Ja Marinda, sy vrou weet wat hy gedoen het e ek kies om te glo sy sal haar kinders beskerm
Maar ek het ook baie duidelik aan hom gemaak as ek ooit uitvind hy peuter aan sy kinders maak ek onmiddellik ‘n saak.

Yankee ·

Dan is daardie boet wat gese het, niks sal hom oorkom nie, maar ek raai!! Hier by ons werk dinge anders broer, nie soos in Suid-Afrika!!

Suidwester ·

Yankee, sê my, vertel jy darm vir die buitelanders daar rondom jou wat regtig in RSA aangaan of hang almal maar aan Trevor se lippe?

JAN ·

Soos die ou in Bfn gestig wat ook so gestraf is met intensiewe sielkundige indokternasie en oorheentasie hipnose ens. Toe hy weer die Roshach toets moes doen van die skoenlapper vlekke toe seg hy defaitisties / moedeloos ” neeee wat Dokter , dis maar weer HY daai.!”

Piet ·

Vanaf 2005 sedert die klag gelê is tot 2018 voor hy gevonnis is. Die arme vrou – ek kan my indink deur watter spanning sy moes gaan in hierdie uitgerekte tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.