Die aanklag hou verband met ʼn voorval in 2004 toe Cosby na bewering ʼn vrou bedwelm en seksueel aangerand het in sy huis in Philadelphia in die VSA. Cosby het reeds in die hof verskyn, maar is nie gevra om te pleit nie. Hy is op borgtog van $1 miljoen (sowat R15.4 miljoen) vrygelaat.
Dit is die eerste keer dat Cosby van ʼn seksuele misdaad aangekla en in hegtenis geneem word, ten spyte van jarelange bewerings dat hy talle vroue seksueel aangerand het.
Cosby se regspan het na sy hofverskyning ʼn verklaring uitgereik waarin die akteur skuld op die aanklag teen hom ontken. “Moenie ʼn fout en dink ons beplan nie om ʼn kragtige verdediging teen hierdie ongegronde aanklag saam te stel nie. Ons verwag dat mnr. Cosby deur ʼn hof vrygespreek sal word,” lui die verklaring.
Andrea Constand, ʼn voormalige werknemer by die Temple-universiteit, beskuldig Cosby daarvan dat hy haar in 2004 so bedwelm het dat sy nie kon beweeg of skree nie en kort-kort haar bewussyn verloor het. Sy beweer hy het haar toe seksueel aangerand.
Nadat die bewerings meer as ʼn dekade terug aan die lig gekom het, het Cosby ʼn eed afgelê waarin hy erken het hy het seksuele kontak met Constand gehad, maar dat sy daartoe ingestem het. Die saak is destyds teruggetrek, maar is nou weer heropen.
Constand, nou 42 jaar oud, bly in Toronto in Kanada waar sy as ʼn masseuse werk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Klink amper of hy en Bob Hewitt dieselfde Prokureer het.
Ek sê nie hy is onskuldig nie maar soveel vrouens gooi die “victim of a crime”kaart uit NADAT hulle instem.. Dis dood eenvoudig om die spotlight te kry. Ek weet darem nie so mooi van die storie nie. Party Mense sal enige iets doen om jou te vernietig as hulle nie kry wat hulle soek nie… in die geval seker geld.
Ken jy die feite van die saak, of is dit maar net jou opinie, gebaseer op geen feite nie?
Ek hoor jou Nina wat vir my verbasend is is dit hoekom wag die slagoffer soveel jare nadat dit gebeur het en dan ook tot wanneer die beweerde oortreder al baiecoud is. Laat mens wonder.
Interessant hoe dit uitgekom het dat talle van die opkomende modelle betaal is om te sê hy het dit gedoen. As iemand wat self mishandeling oorleef het ruik ek ‘n lont. As ‘n kind wag om te vertel verstaan ek dit, daar is ander dinge wat ‘n rol speel, maar groot vrouens en elke keer was dit by ‘n partytjie opset en nou erken van die vrouens hulle is betaal om dit te sê.