Bill en Melinda Gates se paaie skei ná 27 jaar

Bill en Melinda Gates (Foto: SCOTT OLSON / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / AFP)

Die miljardêr en filantroop Bill Gates (65) en sy vrou, Melinda, gaan na ’n huwelik van 27 jaar skei.

Die egpaar staan bekend as een van die rykste paartjies ter wêreld met ’n gesamentlike fortuin van $130 miljard en het oor die jare miljarde dollars vir liefdadigheidswerk aangewend. Die Gates-egpaar wil ten spyte van hul egskeiding hul gesamentlike liefdadigheidswerk deur middel van die Bill & Melinda Gates-stigting voortsit.

“Nadat ons baie goed daaroor nagedink het en na baie werk aan ons verhouding, het ons die besluit geneem om ons huwelik te beëindig,” het die egpaar Maandag in ’n gesamentlike verklaring gesê wat op elkeen van hul amptelike Twitter-rekeninge geplaas is.

“Ons het oor die afgelope 27 jaar drie ongelooflike kinders grootgemaak en ’n fondament gelê wat oor die wêreld heen gebruik word om mense in staat te stel om gesonde, produktiewe lewens te lei,” lui die verklaring.

“Ons glo steeds albei in die missie en sal voortgaan met ons werk by die stigting, maar ons glo nie meer dat ons as ’n paartjie in hierdie volgende fase van ons lewe kan saamgroei nie.”

Die egpaar het vir privaatheid in die tyd gevra.

Dié aankondiging volg twee jaar na Jeff Bezos, stigter van Amazon en ook een van die rykste mense ter wêreld, en sy vrou, MacKenzie, se egskeiding.

Melinda (56) het Bill, stigter van Microsoft, in 1987 ontmoet kort nadat sy by dié tegnologie-firma aangesluit het en die paartjie is in 1994 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jean

Hier kom die 2de rykste vrou in die wêreld.

Stefaan

Geld kan nie geluk koop nie. Kom ons los dit daar.

Fedup

That women came to her senses, the bit she’s got left, to really realize what that man is and what he is capable off. Money does not make the world go round, it robs people of being human.

gehasie

Covid is erger as wat mens dink…..!

KarooKnapie

Ai dis sleg. Wonder nogal wat Sheldon van Big Bang Theory oor dit te sê sou gehad het…