Bill Gates maak plase bymekaar

Bill Gates het homself verbind tot landbou-ontwikkeling in Afrika. Foto: AFP

Bill Gates was eens die rykste persoon op aarde, maar is in 2017 deur Amazon se stigter, Jeff Bezos, verbygesteek. Vandag is hierdie programmatuurmagnaat egter die grootste eienaar van landbougrond in die VSA. Hy besit ʼn allemintige 97 934 hektaar bewerkbare grond. Daarbenewens besit hy ook 10 927 hektaar wat vir ander doeleindes aangewend word. Sy portefeulje strek oor 19 deelstate.

Dié miljardêr filantroop en sy vrou, Melinda, is gereeld in die nuus vir hulle ambisieuse hulpverleningsprojekte. Die Bill en Melinda Gates Stigting, wat $50 miljard sterk is, doen aansienlik baie verligting- en opheffingswerk in Suid-Amerika, Latyns-Amerika en Afrika deur navorsing, nuutskeppings en tegnologie in te span. Gates se verbintenis tot die doel om elke persoon in die wêreld teen Covid-19 in te ent, ontvang kritiek en ondersteuning uit vele oorde en maak hom die slagoffer van verskeie samesweringsteorieë. Maar hy volg ook ander roetes om ʼn verskil te maak, soos die bevordering van voedselsekerheid.

Gates se rede vir sy belangstelling in boerdery is dus voor die hand liggend. Hy glo dat die wêreld se ekonomiese groei en voortbestaan in kosproduksie is. Grond as ʼn belegging is ook nie baie wisselvallig nie en steeds teen die aandelebeurs en inflasie verskans. Enige sakeman verstaan ook dat jy nie al jou eiers in een mandjie moet sit nie. Hy het wel ʼn groot sprong van die inligtingstegnologie na boerdery gemaak…

Gates reken ook die enigste manier om armoede op die platteland in opkomende lande te verlig is om kleinboere te leer hoe om die grond optimaal te bewerk en te benut. Ten spyte van die uiters vrugbare grond, is die opbrengste op plase in Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië heelwat laer is as in die res van die wêreld. Daarom is die stigting ʼn groot drywer van hervorming van landbou en verbetering van landboupraktyke.

Die stigting het verlede jaar aangekondig dat hulle ’n nie-winsgewende organisasie, Bill & Melinda Gates Agricultural Innovations, ook bekend as Gates Ag One, gestig het. Die doel van hierdie instituut is om kleinboere in opkomende lande die nodige gereedskap te bied om meer gewasse met ʼn hoër opbrengs te produseer en aan te pas by klimaatsverandering.

Gates se grond word deur Cascade Beleggings besit – ʼn houermaatskappy wat die Gates-familie vir ’n verskeidenheid beleggings gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Melinda ·

Hoe gaan dit werk vir hom met die Great Reset van Klaus Schwab van die Wereld Ekonomiese Forum, waar privaatbesit gekanselleer word. Hy kan baie verloor? Baie vreemd.

Danie ·

Waarvan praat jy….? Is dit so moeilik om te glo dat die man nie die duiwel is soos wat party mense maak hy is nie! Het jy al ooit gedink dat hy net ander wil help, is dit so vreemd of is dit net makliker om die sensasie van ander stories soos soetkoek op te eet?

MT ·

Bill Gates beskik oor ongelooflike akkurate (vooraf?) kennis, en het reeds hope geld verdien met sy vroee beleggings in groot farmaseutiese maatskappye.

Die Wuhan virus uitbraak is ‘n fantastiese meevallertjie vir hierdie sagteware ‘pionier’, nie waar nie?

Sy groot beleggings in landbougrond sal soorgelyke opbrengste – vir hom – verseker in die nabye toekoms.

En rakende Klaus Schwab et al. se beplande ‘Great Reset’; dit is gemik op jou en my – die gepeupel, en nie op Bill en trawante nie. Hulle rykdom is veilig en verseker.

Ons leef voorwaar in vreemde tye. Hou u oe op die wolke.

daniel ·

Dit is n bangmaak storie en n manier om grond makliker te bekom.

Annatjie ·

Ek kan nie verstaan dat daar enige publisiteit aan Bill Gates gegee word.
Ons stel nie belang in hom of sy maatskappye nie want hy staan vir die nuwe wereldorde en ons nie.

Jacobus ·

Maak nogal “sense”. Baie nuwe grond kom op mark na baie klein boere met Covid uitboer. Sommer grond beskikbaar met duisende nuwe kiesers op pad.

Deon ·

Opkomende lande, is dit die regte beskrywing? Hoe lank “kom hulle al op” my mening is dat dit in baie gevalle meer gepas gaan wees om dit “gefaalde lande” te noem, ons in SA weet dat ons een van die wereld se sterkste en rykste lande op n punt in tyd was, dus het ons reeds “opgekom” en aangesien ons nou nie meer bo iewers is nie is ons mos dan n “gefaalde land”

Zombie ·

Ek dink Bill gaan bietjie sukkel met opheffingswerk in sommige opkomende/gefaalde lande. Maar hy kan maar die volgende paar dekades of wat probeer.

J ·

‘ gefaal’ is ‘n mooi woordjie.

Wat van MISLUKTE lande?

Of VERWOESTE lande?

Miskien is AGTERLIKE lande die beste woord?

koos ·

Bill ou seun, luister nou na hierdie oom wat “slap-bang” in Afrika woon vir dekades lank. Jy moenie mense help wat nie gehelp wil word nie, dis geldmors. Mense wat aanhou stem vir ‘n regime wat hulle eie “votas” aanhoudend beroof d.m.v korrupsie. Mense wat op van die vrugbaarste grond op die planeet sit maar kos moet invoer. Mense wat hulle eie kinders weggooi sodat hulle as straatkinders grootword (as hulle dit maak tot so ouderdom), nie eers diere doen dit nie. Mense wat eerder toordokters aanhang terwyl Eerste Wêreld mediese dienste beskikbaar is. Bill, gelukkig vir hulle kan jy nie Afrikaans lees of verstaan nie. Dink aan my Bill, terwyl ons stadig maar seker Zim 2.0 word.

Misky ·

Ek lees so na al die kommentare en wonder of sommige lesers gelees het dat die grond wat hy besit, landbougrond in VSA is?

A ·

Maroela kommentators wat die artikel lees? Hoekom sal hulle dit doen?

Dit is baie makliker om net sameswerings uit te gooi.

Q, 5G, “Great Reset”, al hierdie snert en ongelukkig is arme ou Bill die gesig van dié mense se dwalings.

Barend ·

In die Groot Depressie was die mense wat grond besit het beter daaraantoe. Is dit die manier wat hy homself beskerm teen die sogenaamde “reset”?

JohanR ·

Hy moet SA toe kom. Binnekort sal hy nie eers vir ‘n plaas hoef te betaal nie. Kan net inloop en vat!

J ·

Gates is reg!

Met robotte wat werkers vervang sal die miljoene werkloses geen ander keuse hê as om die stede te verlaat nie. M.a.w. die ‘robotifisering’ van fabrieke ensovoorts dwing mense terug na die pre-industriële tydperk waar almal ‘n lewe gemaak het uit BESTAANSBOERDERY!

Ook genoem PERMAKULTUUR of my eie woord ‘KOSBOSSE’ (Agriforestry)

koos10 ·

Ek is miskien bietjie dom, maar berus al my besluite op feite. Nou hoor en van die nuwe wêreld orde en al die dinge van Bill Gates. Is daar enige bewyse, of is alles op hoorsê en “conspiricy” teorië gegrond?

Mariana ·

Klink meer of hy inpalm wat hy kan. Vat weg by sukkelendes.

MakersMark ·

Dalk sal BG groot sentrums op die grond bou met mega rekenaars. Van hier sal hy en sy meëdoeners in die nuwe wêreldorde almal wat die inspuiting gekry het en wie se DNA verander is sommer beheer van ‘n playstation console. Die wat weier om die inspuiting te kry gaan op die res van die plaas werk om kos te verbou vir die wat wel die inspuiting gekry het. Dis die nuwe wêreldorde wat almal so vrees. Hoe is daai vir ‘n samesweringsteorie ? Maar ek glo die Starship Enterprise vlieg nou al 50 jaar onder die beheer van Captain Kirk in die heelal rond. Tweedens glo ek elke episode van x files is gebaseer op ‘n ware verhaal.

Snowball ·

Biedie biedie, Ô Ô…. Buck Rogers is ook real! Sê maar net.

Wilma ·

Dalk moet ons al ons klaers wat skree “give back the land” op ‘n vliegtuig sit en vir hom stuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.