Bill Gates weer die wêreld se rykste

billl gatesBill Gates is na vier jaar weer die rykste persoon in die wêreld, aldus die jongste gradering van Forbes wat pas bekend gestel is.

Die Meksikaan, Carlos Slim Helu ($72 miljard) het Gates die afgelope vier jaar uit die topposisie gehou. Helu is nou tweede, met die Facebook-koning, Mark Zuckerberg met sy $28,5 miljard in die derde plek. Gates se totale netto waarde word beraam op $76 miljard (R827 miljard).

Forbes het altesaam 1 645 miljardêrs opgespoor met ‘n gemiddelde rykdom van $6,4 miljard. Daar is ook 170 vroue op die lys.

Van die rykes het net 13% hul rykdom geërf, en tweederdes het dit self opgebou. Die ander het uitgebou op die rykdom wat hulle geërf het.  Meer kan hier  en  hier gelees word.

Bronne: Forbes, Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Gaaap ! Ek wonder hoe gaan ons rugbyspanne hierdie naweek vaar ? Gaap !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.